Verskil tussen weergawes van "Armagh"

101 grepe bygevoeg ,  4 jaar gelede
k
geen wysigingsopsomming nie
k
k
'''Armagh''' ([ɑrˈmɑː], afgelei van die oorspronklike [[Iers-Gaelies]]e naam Ard Mhacha of "Macha se Hoogte", 'n verwysing na 'n mitiese godin wat haar volgens oorlewerings saam met haar stam hier gevestig het) is die administratiewe setel (''county town'') van die gelyknamige [[Noord-Ierland|Noord-Ierse]] graafskap (''County Armagh'') asook een van [[Ierland]] se historiese burgerlike parogieë of ''[[civil parish]]es''.
 
Armagh vervul daarnaas 'n belangrike rol in kerkadministrasie as die setel van die [[Rooms-Katolieke]] Artsbiskoppe van Armagh (wat ook die status van "Primate van heel Ierland" het) en die [[Anglikaanse Gemeenskap|Anglikaanse]] Kerk van Ierland. So het hier sowel 'n Rooms-Katolieke asook 'n Anglikaanse katedraal ontstaan - die twee bekendste geboue in Armagh naas die plaaslike sterrewag.