Verskil tussen weergawes van "Samuel Cunard"

668 grepe bygevoeg ,  3 jaar gelede
k
geen wysigingsopsomming nie
k
Etiket: 2017-bronwysiging
k
Etiket: 2017-bronwysiging
 
'''Sir Samuel Cunard, 1ste Baronet''' (* [[21 November]] [[1787]] in [[Halifax, Nova Scotia]]; † [[28 April]] [[1865]] in [[Kensington]], [[Londen]], [[Engeland]]), was 'n [[Kanada|Kanadese]] skeepvaartmagnaat wat bekendheid verwerf het as stigter en naamgewer van die Britse [[redery]] ''[[Cunard Line]]'' - die eerste redery ter wêreld wat gereelde vaarte op die transatlantiese roete aangebied het. Cunard se eerste passasierskip op dié roete, die ''Britannia'', het haar nooiensvaart op 4 Julie 1840 vanuit [[Liverpool]] onderneem.
 
Samuel Cunard is gebore as die seun van 'n baastimmerman en houthandelaar wat gedurende die [[Amerikaanse Rewolusie]] na Brits-Noord-Amerika gevlug en hom in Halifax gevestig het. Samuel het tot die saak van sy vader toegetree, 'n houtonderneming met belange in uiteenlopende bedrywe soos walvisvangs, steenkool, yster en skeepvaart waarmee hy reeds in die 1830's 'n groot fortuin verdien het.
 
Sy skeepvaartbedrywighede het veral op seilskepe gesteun, alhoewel as aandeelhouer van die houtratboot ''Royal William'' (wat in 1833 geskiedenis geskryf het met sy hoofsaaklik stoomgedrewe transatlantiese vaart) ook ervaring opgedoen het met vroeë stoomboottegnologie.
 
{{DEFAULTSORT:Cunard, Samuel}}