Verskil tussen weergawes van "Sol Invictus"

1 greep bygevoeg ,  2 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
'''Deus Sol Invictus''' (die onoorwonne songod) was 'n belangrike songod wat in die tydperk van die [[Romeinse Ryk|Romeinse Keiserryk]] die grootste rivaal van [[Christendom]] gewees het, toe die Mithras-kultus reeds in betekenis verminder het.<ref name="Halsberghe">The Cult of Sol Invictus, ISSN 0531-1950 {{Outeur|Gaston H. Halsberghe}} Brill Archive, 1972</ref>
 
Sy groot bekendheid het begin is die tyd van die keiser [[Elagabalus]] wat priester van die Siriese songod Elagab was en sy kultus in Rome ingevoer het, maar die groot bloeityd het later gekom onder die bewind van [[Aurelianus]] wat dit in die tradisionele kultuur van die stad ingepas het. [[Aurelianus]] het in 274 die verering van Sol Invictus tot staatsgodsdiens verhef. In sy tyd het dit 'n uitdrukking van ''Romanitas'', die Romeinse nasionale konserwatisme geword. <ref name="Halsberghe"/>
 
Die verering van die songod was baie oud in Rome. Marcus Terentius Varro (116 - ong. 26 v.C.) het reeds geskryf dat die boere naas Jupiter en Tellus veral Sol en Luna vereer het. <ref name="Halsberghe"/> Maar hierdie verering was deel van die politeïsme van die Romeinse religie.
 
Die kultus van Sol Invictus was essensieel monoteïsties en talle ouer gode soos Jupiter, Mithras en Serapis is gesien as sinonieme vir die een god Sol. [[Aurelianus]] het in 274 die verering van Sol Invictus tot staatsgodsdiens verhef. Die belangrikste feesdag vir Sol Invictus was 25 Desember: ''Dies Natalis Solis Invicti'' wat nog tot [[390]] gevier is tot Theodosius die Christendom die enigste godsdiens gemaak het. Die naam Sondag vir die eerste dag van die week kom dalk ook hiervan.<ref>The Sociology of Religion: A Substantive and Transdisciplinary Approach, {{Outeur|George Lundskow}}, Pine Forge Press, 2008, ISBN 1412937213, ISBN 9781412937214bls 70</ref>
 
==Galery==
22 781

wysigings