Verskil tussen weergawes van "Joseph Barry"

4 grepe bygevoeg ,  3 jaar gelede
Skakel
(Skakel)
(Skakel)
'''Joseph Barry''' (Hitchin, [[Hertfordshire]], [[1 April]] [[1796]] – [[Kaapstad]], [[26 Maart]] [[1865]]) was 'n Suid-Afrikaanse handelaar, skeepseienaar, boer en parlementslid.
 
Barry het na die Kaap gekom as verteenwoordiger van 'n [[Londen]]se wynhandelaar nadat hy die wynbedryf bestudeer het in [[Frankryk]] en [[Spanje]]. Die onderneming het misluk en hy is terug [[Engeland]] toe, maar vroeg in 1819 het hy hom metterwoon aan die Kaap kom vestig. Sy kennismaking met Dirk Gysbert van Reenen, 'n welgestelde boer met wie se kleindogter hy getrou het, het Barry bekendgestel aan die [[Overberg]], 'n streek waarvan hy lewenslank die ongekroonde koning sou word.