Verskil tussen weergawes van "Parabool"

1 greep verwyder ,  2 jaar gelede
Uitleg van bronteks
k ((GR) File renamed: File:Coriolis effect11.jpgFile:Parabola shape in rotating layers of fluid.jpg File renaming criterion #3: To correct obvious errors in file names, including misspelled [[c::en:N...)
(Uitleg van bronteks)
 
 
== Parabole in die fisiese wêreld ==
 
 
In die natuur word benaderings van parabole en paraboloïede in 'n verskeidenheid van omstandighede aangetref. Die bekendste voorbeeld van die parabool in die geskiedenis van [[fisika]] is die trajek van 'n deeltjie of liggaam wat onder die invloed van 'n eenvormige gravitasie veld sonder lugweerstand beweeg (byvoorbeeld 'n [[krieket]]bal wat deur die lug trek as [[wrywing|lugwrywing]] weggelaat word). Die paraboliese trajek van projektiele is in die begin van die [[17de eeu]] eksperimenteel deur [[Galileo]], wat eksperimente met die rol van balle op skuins vlakke uitgevoer het, ontdek. Die paraboliese vorm van projektielbeweging is later [[wiskunde|wiskundig]] deur [[Isaac Newton]] bewys. Vir voorwerpe wat oor ruimte uitgestrek is, soos 'n duiker wat van 'n duikplank af spring, volg die voorwerp self 'n ingewikkelde pad terwyl dit roteer, maar die [[massamiddelpunt]] van die voorwerp volg steeds 'n paraboliese pad. Soos in alle gevalle in die fisiese wêreld is die trajek altyd 'n benadering van 'n parabool. Die teenwoordigheid van lug vervorm byvoorbeeld altyd die pad. Teen lae snelhede is die vorm egter 'n goeie benadering van 'n parabool. Teen hoër snelhede soos in ballistiek, is die pad hoogs vervorm en lyk dit nie soos 'n parabool nie.
400 691

wysigings