Verskil tussen weergawes van "Alkaan"

6 grepe bygevoeg ,  2 jaar gelede
Uitleg van bronteks
(Uitleg van bronteks)
Die eenvoudigste alkane is dié wat lineêre kettings vorm. Hulle name eindig met ''-aan'' en die wortel van die naam gee aan hoeveel koolstofatome hulle bevat: ''met-'' vir n=1: {{chem|C|H|4}}, ''et-'' vir n=2 {{chem|C|2|H|6}} ensomeer.
 
=== Konformasie ===
Elke koolstofatoom het 'n [[tetraëder|tetraëdriese]] omringing en die bindingshoeke is dus ongeveer 109 grade groot. Die kettings is daardeur sig-sagkettings in hul uitgestrekte toestand. Die groepe rondom 'n enkelbinding kan vry roteer en daardeur kan langer kettings in vloeistowwe 'n lukraak opgerolde konformasie besit.
 
=== Voorkoms ===
Omrede die elektronegatiwiteit van [[koolstof]] en [[waterstof]] min verskil is alle dipole amper nul. Verder word hulle in die tetraëdriese omringing gekanselleer. Alkane is daardeur nie-polêr en hul intermolekulêre wisselwerkings word heeltemal deur dispersiekragte of vanderwaalskragte gekenmerk. Die grootte van die dispersiekragte word veral deur die aantal elektrone van 'n molekuul bepaal. Die ligte alkane, metaan, etaan, propaan en butaan is daardeur by kamertemperatuur gasse, pentaan, heksaan ensomeer is vloeistowwe en die swaarder alkane is wasagtige vastestowwe. 'n Alkaan met baie lang kettings is die polimeer [[poliëtileen]].
 
=== Chemie ===
Chemies is alkane min reaktief. Hulle reageer byvoorbeeld nie met sterke sure of basisse nie. Die enigste reaksie wat hulle vertoon is radikaalreaksies. Hulle is byvoorbeeld brandbaar met molekulêre suurstof wat 'n diradikaal is. Die produkte van volledige verbranding is [[koolstofdioksied]] en [[water]]
 
353 593

wysigings