Verskil tussen weergawes van "Bernardo Provenzano"

Uitleg van bronteks
(Uitleg van bronteks)
Sy byname was '''Bernie die Trekker''' omdat hy, in die woorde van een informant, mense "in die grond in geploeg het";<ref name=bbcprofile>[http://news.bbc.co.uk/2/hi/europe/4899512.stm Profile: Bernardo Provenzano], BBC News, 11 April 2006.</ref> '''oom Bernie'''; en '''Die Rekenmeester''' vanweë die stil en subtiele manier waarop hy sy misdaadryk beheer het, ten minste in vergelyking met van sy gewelddadige voorgangers.<ref name=bbcprofile/><ref name=time290804>[http://www.time.com/time/europe/magazine/article/0,13005,901040906-689399,00.html Sicily's Invisible Man], ''Time Europe Magazine'', 29 Augustus 2004.</ref>
 
== Mafialoopbaan ==
Tydens die bewind van [[Salvatore Riina]] as baas van base het Provenzano vermoedelik agter die skerm gewerk en die finansiële sy van die Mafia se bedrywighede beheer, veral [[heroïen]]smokkelary.
 
Hy het risiko's vermy en, in plaas daarvan om die telefoon te gebruik, sy bevele met klein handgeskrewe aantekeninge uitgedeel.<ref name=time290804/> Hy het baie van sy aantekeninge met [[Christendom|Christelike]] seëninge afgesluit<ref name=time290804/> en sy optrede het al hoe godsdienstiger geraak. Hy het [[Bybel]]verse onderstreep en in sy aantekeninge gebruik. Hy het ook dikwels na [[God]] verwys en gesê "mag Hy ons help om die regte ding te doen" of "met God se wil".<ref name=rossella>{{cite journal|last=Merlino|first=Rossella|title=‘Con il volere di Dio’: Bernardo Provenzano and religious symbolic ritual|journal=Modern Italy|year=2012|volume=17|issue=3|pages=365–381|url=http://www.tandfonline.com/doi/abs/10.1080/13532944.2011.611492|doi=10.1080/13532944.2011.611492}}</ref>
 
== Inhegtenisneming ==
Provenzano was ’n voortvlugtige vandat hy in 1963 aan moord skuldig bevind is tot met sy arres in 2006. Hy was vir ’n rekord van 43 jaar voortvlugtig. Toe hy in hegtenis geneem is, was hy net bekend volgens foto's uit die 1950's; die laaste bekende foto is in 1959 geneem.<ref name=gua240401>"[https://www.theguardian.com/theguardian/2001/apr/24/features11.g2 Gangster No 1]". ''The Guardian''. 24 April 2001.</ref>
 
Provenzano is eindelik op 11 April 2006 naby sy huis in Corleone gearresteer.<ref>[http://news.bbc.co.uk/2/hi/europe/4898930.stm "'Top Mafia boss' caught in Italy"], BBC News, 11 April 2006.</ref><ref name=bbcprofile/><ref>[http://news.independent.co.uk/europe/article357127.ece "Italy's 'top Mafia boss' is arrested"] {{webarchive |url=https://web.archive.org/web/20060517065235/http://news.independent.co.uk/europe/article357127.ece |date=17 Mei 2006 }}, Independent Aanlyn, 11 April 2006.</ref><ref>{{it}} [http://www.poliziadistato.it/pds/primapagina/provenzano/index.htm Arrestato il boss della mafia Bernardo Provenzano] {{webarchive |url=https://web.archive.org/web/20060412183657/http://www.poliziadistato.it/pds/primapagina/provenzano/index.htm |date=12 April 2006 }}, Polizia di Stato, 11 April 2006.</ref>
 
== Dood ==
Hy is op 13 Julie 2016 op 83-jarige ouderdom in die hospitaal van sy tronk in [[Milaan]] dood weens komplikasies van blaaskanker.<ref>{{cite web|url=http://www.bbc.co.uk/news/world-europe-36782555|title=Italian mafia boss Bernardo Provenzano, 83, dies in jail|work=bbc.co.uk|accessdate=13 Julie 2016}}</ref>
 
== Verwysings ==
{{Verwysings|2}}
 
== Eksterne skakels ==
* {{it}} [http://www.bernardoprovenzano.net ’n Biografie van Provenzano]
* [https://www.theguardian.com/g2/story/0,,477367,00.html ''The Guardian'': "Gangster No 1"], 24 April 2001
398 811

wysigings