Verskil tussen weergawes van "Kritiek van Reine Beredening"

k
geen wysigingsopsomming nie
k
k
Die '''Kritiek van Reine Beredening''' ([[Duits]]: ''Kritik der reinen Vernunft'' [http://commons.wikimedia.org/wiki/Image:Kant_Kritik_der_reinen_Venunft_1781.jpg]) is [[Immanuel Kant]] se eerste ''Kritiek'' en fokus op die werking en grense van die mens se verstand (Die ander twee ''Kritiek''e is die [[Kritiek van Praktiese Beredening]] (Duits: ''Kritik der praktischen Vernunft'') aangaande etiek, en die [[Kritiek van Beoordeling]] (Duits: ''Kritik der Urteilskraft'') oor [[estetika]] en [[teleologie]]). In dié boek stel Kant ''transendentale idealisme'' voor om ons verhouding met die wêreld van ons ondervinding te beskryf. Om die projek kortwegs te beskryf: die wêreld soos dit vir ons verskyn is grotendeels 'n skepping van ons verstand (dus ''"[[idealisme]]''"), waar die manier van voorstelling bepaal word deur katogorieë van verstand wat elke mens besit en deel (dus is dit ''transendentaal''), maar die fenomene waarmee ons te doen het is reëlmatige voorstellings van die [[werklikheid]]. Kant se metafisika is dus 'n "bemiddelde realisme", omdat ons ondervindings die regte wêreld voorstel, maar in 'n manier waar die struktuur van ons verstand staan as 'n tussenganger wat die karakter van ondervinding bepaal. Die metodiek in die boek is hoofsaaklik waar Kant probeer sin maak van gewone stellings wat ons in 'n onderwerp-woorwerp vorm maak, waarin hy die presiese verhouding tussen ons as die onderwerp en wat die voorwerp van ons ondersoeking is bepaal.
 
Sy projek is om die status van [[wetenskap]] te verdedig teen die [[skeptisisme]] wat [[David Hume]] voorstel. Hume lewer indrukwekkende en invloedryke argumente wat wys dat verskeie basiese konsepte, soos [[kousaliteit]] en [[induksie]], wat van ongelooflike belang is vir die wetenskap, problematies is om te regverdig. In kort, daar is niks in ondervinding wat kon tel as 'n ondervinding van veroorsaking nie. As mens sien hoe een ding 'n ander ding veroorsaak, sien mens net die een ding en die ander, en moet mens voorstel dat hul in 'n kousale verhouding teenoor mekaar staan. En natuurlik kan iets om iets voor te stel nie tel as 'n bewys vir daardie ding nie. As kousaliteit 'n sinnelose ideë is, dan is byna alle stellings in die wetenskap onsin. As wetenskaplike kennis en metodiek gerespekteer moet word, moet daar 'n verduideliking gegee word van waar ons kennis van kousale verhoudings vandaan kom.
13 651

wysigings