Verskil tussen weergawes van "Beiere"

586 grepe bygevoeg ,  1 jaar gelede
k
geen wysigingsopsomming nie
k
Etiket: 2017-bronwysiging
k
Etiket: 2017-bronwysiging
 
Nogtans het Beiere ná die Tweede Wêreldoorlog in 'n spanningsveld tussen tradisies en modernisering gestaan. Die uitdaging was om 'n staat met 'n sterk agrariese karakter en min nywerhede, 'n hoë werkloosheidsyfer en lae belastinginkomste te moderniseer. Hierdie proses het gepaard gegaan (en is bevorder) deur 'n ongekende bevolkingsgeroei. Tussen 1950 en 2018 het die Beierse bevolking toegeneem van nege tot dertien miljoen. Twee miljoen vlugtelinge uit vroëere Ryksgebiede en aangrensende streke - van wie die helfte uit die Sudetengau afkomstig was - het hulle kort ná die oorlog in die deelstaat gevestig. In die volgende dekades het ook binnemigrasie uit ander deelstate en migrasie oor grense heen bygedra tot die bevolkingsaanwas. Tans is sowat 1,8 miljoen buitelanders in Beiere woonagtig.
 
== Ekonomie ==
=== Toerisme ===
Die Beierse toerismebedryf het in 2017 rekordsyfers behaal met meer as 37,2 miljoen besoekers. Die deelstaat is die gewildste bestemming vir buitelandse toeriste in Duitsland - met 19,1 miljoen geregistreerde oornagtings in 2017. Die aandeel van buitelandse beoekers aan alle oornagtings het van 14,1 persent in 2004 gestyg tot 20,3 persent in 2017.<ref>[https://www.stmwi.bayern.de/tourismus/daten-fakten/ ''Bayerisches Staatsministerium für Wirtschaft, Landesentwicklung und Energie: Tourismus - Daten und Fakten. Besoek op 16 Desember 2018'']</ref>
 
== Susterstreke ==