Verskil tussen weergawes van "Sciëntologie"

k
geen wysigingsopsomming nie
k
Etiket: 2017-bronwysiging
k
Etiket: 2017-bronwysiging
Navorsers wys daarop dat die verhouding tussen L. Ron Hubbard se literêre werke op die gebied van wetenskapsfiksie en die geloofsbeginsels en -praktyke van Sciëntologie in populêre media (en die populêre kultuur in die algemeen) in 'n sterk vereenvoudigde vorm uitgebeeld word: ''A number of popular culture products have rather crudely taken elements of Hubbard's science fiction inspired narratives and oversimplified the connections between them and Scientology's beliefs and practices.''<ref>Stephen A. Kent and Susan Raine (reds.): ''Scientology in Popular Culture. Influences and Struggles for Legitimicy''. Santa Barbara, California • Denver, Colorado: Praeger 2017, bl. viii</ref> ''Cult wars'' tussen beweerde aanhangers en teenstanders van die Kerk van Sciëntologie vind onder meer op internet-platforme soos Wikipedia plaas. Albei groepe is in 2009 uit die Engelsmedium-projek van Wikipedia verban.<ref>[https://www.computerwoche.de/a/wikipedia-schliesst-scientology-autoren-aus,1897303 ''Computerwoche, 29 Mei 2009: Manipulationsvorwürfe: Wikipedia schließt Scientology-Autoren aus. Besoek op 15 Julie 2020'']</ref>
 
Duitse owerhede se optrede teen die Kerk van Sciëntologie weens sy beweerde, maar nooit bewese onkonstitusionele optrede het reeds tot diplomatieke geskille tussen die Verenigde State en die Bondsrepubliek Duitsland gelei. Die saak is deur die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Madeleine Albright, aangespreek.<ref>[https://www.blaetter.de/sites/default/files/downloads/zurueck/zurueckgeblaettert_200708.pdf ''Blaetter.de: Scientology – Gewerbebetrieb oder Verfassungsfeind? Von Claus Leggewie und Alexandra Lagalée. Besoek op 15 Julie 2020'']</ref> Een van die mees prominente teenstanders van die Kerk in Duitsland en voorsitter van 'n werkgroep het uiteindelik so histeries en verkramp oor die onderwerp geraak dat sy vir haar politieke vennote ondraagbaar geword het.<ref>[https://taz.de/Portrait-Ursula-Caberta/!5137157/ ''Portrait Ursula Caberta: Die abservierte Sektenjägerin. Besoek op 15 Julie 2020'']</ref>
 
Vir buitestaanders met 'n wetenskaplike belangstelling en fokus toon die Kerk se religieuse leerstellings sterk sciëntistiese en psigoterapeutiese invloede wat met transendente elemente aangevul is. Vir Kalifornië se historiograaf [[Kevin Starr]], wat in sy omvattende boekreeks oor die deelstaat se geskiedenis een sin aan die beweging wy, is Sciëntologie 'n moderne religie wat uit Kaliforniërs se belangstelling in en geesdrif oor [[wetenskapsfiksie]] voortgespruit het. As 'n religie en toegepaste filosofie dek Sciëntologie 'n wye verskeidenheid onderwerpe, waaronder geestelike gesondheid, moraal, etiek, ontgiftiging van toksiese stowwe en radioaktiwiteit, opvoeding en bestuur.