Verskil tussen weergawes van "Ray Bradbury"

1 505 grepe bygevoeg ,  8 jaar gelede
k
geen wysigingsopsomming nie
k (r2.7.3) (robot Bygevoeg: ml:റായ് ബ്രാഡ്ബറി)
k
 
Bradbury word as een van die invloedrykste Amerikaanse skrywers van spekulatiewe fiksie van die 20ste en vroeë 21ste eeu beskou. Baie van sy werke is vir televisie en die groot skerm aangepas en verfilm.
 
== Lewe ==
=== Vroeë lewe ===
Ray Bradbury is in 1920 in Waukegan, Illinois as seun van Leonard Spaulding Bradbury, 'n telefoon- en kraglynwerker, en Esther Marie Moberg, 'n [[Swede|Sweedse]] immigrant, gebore.
 
Bradbury het as leerder baie tyd in die Carnegie-biblioteek in sy geboortestad gespandeer en gereeld boeke uitgeleen. Dit was in hierdie vroeë fase veral wetenskapsfiksie-romans van skrywers soos Jules Verne en H.G. Wells en helde soos ''Flash Gordon'' en ''Buck Rogers'' wat sy belangstelling gewek het. Sy gunstelingskrywer in dié tyd was Edgar Rice Burroughs, die skrywer van werke soos ''Tarzan of the Apes'' en ''The Warlord of Mars''. Vir die laasgenoemde roman het Bradbury in die ouderdom van twaalf sy eie opvolgroman geskryf. Maar ook Edgar Allan Poe het beslissende invloed op Bradbury uitgeoefen.
 
Waukegan se Carnegie-biblioteek sou later die toneel vir 'n groot deel van sy roman ''Something Wicked This Way Comes'' wees, terwyl hy sy geboortestad in 'n aantal van sy semi-outobiografiese werke - waaronder ''Dandelion'' en ''Farewell Summer'' - asook in baie van sy kortverhale as ''Green Town'' beskryf het.
 
Reeds in sy skooltyd is Ray se eie literêre talent raakgesien. Die gesin het in 1934 na Los Angeles verhuis waar Bradbury in 1937 by die ''Los Angeles Science Fiction League'' en die ''Poetry Club'' aangesluit het. In die volgende jaar het hy aan die ''Los Angeles High School'' gematrikuleer en sy eerste verhaal in die tydskrif ''Imagination!'' gepubliseer.
 
{{clear}}
== Eksterne skakels ==