Verskil tussen weergawes van "Mississippirivier"

k
tikfout
(Bygewerk)
k (tikfout)
}}
 
Die '''Mississippirivier''' ([[Engels]]: ''Mississippi River''), wat in suidelike rigting deur die sentrale gedeelte van die Verenigde State vloei, is die tweede langste rivier in dié land (ná die [[Missouririvier]], een van sy takriviere) met 'n lengte van 3 766 kilometer van sy oorsprong in die Itascameer in [[Minnesota]] tot by sy monding in die [[Golf van Meksiko]] naby [[New Orleans]]. Die rivier maak deel uit van die Jefferson-Missouri-Mississippi-rivierstelsel, die grootste in [[Noord-Amerika]] en een van die grootstes ter wêreld - met 'n totale lengte van 6 300 kilometer (3 900 myl) is dit die vierde langste ter wêreld, en volgens sy afloop van 16 200 m³/s (572 000 ft³/s) die tiende grootste ter wêreld. Die rivier loop deur die sentraalesentrale VS-deelstate [[Minnesota]], [[Illinois]], [[Missouri]], [[Kentucky]], [[Arkansas]], [[Tennessee]], [[Mississippi]], [[Louisiana]] en vorm die grens tussen [[Wisconsin]] en [[Iowa]].
 
Die naam Mississippi is afgelei van die Ojibwa-woord ''misi-ziibi'' of ''gichi-ziibi'' ("Groot Rivier"). In die Voor-Kolumbiaanse tydperk was die rivier reeds 'n beduidende waterweg vir die plaaslike Eerste Nasies wat na die Mississippi as die ''Meschacebé'' of "vader van die waters" verwys het. Die Mississippirivier speel steeds 'n beduidende rol in die Amerikaanse geskiedenis, ekonomie en kultuur.