Springbok (rolprent)
Die fliek Die Springbok (1975), asook die Engelse weergawe daarvan, “The Springbok”, was 'n welbekende asook kontroversiële fliek van Tommie Meyer. Die rolprent handel oor 'n kleurling persoon, Attie Louw (gespeel deur Eckard Rabe), wat hom as 'n blanke voordoen en aan die Universiteit van Pretoria studeer. Hy word uitgebeeld as die universiteit se rugbyheld wat vir die span van Noord-Transvaal gekies word. Sy groot aspirasie is om Springbok te word. Hierdie film het gelei tot die hofsaak Universiteit van Pretoria vs. Tommie Meyer Films, omdat die universiteit nie hul "goeie naam en waardigheid" wou laat skend nie en wat die film vir 'n ruk buite vertoning geplaas het. Tommie Meyer Films het die hofsaak gewen en die film is verder uitgereik.[1][2]
Die Springbok | |
---|---|
Regisseur | Tommie Meyer |
Draaiboek | Jan Scholtz |
Met | Eckard Rabe, Percy Sieff, Sybel Coetzee |
Ateljee | Tommie Meyer Films Edms Bpk |
Uitgereik | 16 Augustus 1976 |
Speeltyd | 89 minute |
Land | Suid-Afrika |
Taal | Afrikaans en Engels |
IMDb-profiel |
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ http://www.imdb.com/title/tt2140427/?ref_=nm_flmg_dr_3 IMDb
- ↑ Universiteit van Pretoria v Tommie Meyer Films Edms Bpk 1977 4 SA 376 T. Opgespoor 10 September 2009