Stadsaal van Pretoria
Die Stadsaal van Pretoria is 'n groot gebou in Pretoria se middestad wat in 1931 gebou en in 1935 ingewy is. Dit is in Paul Kruger-straat suid van Kerkplein en reg oorkant die Transvaal-museum geleë.
Die Pretorius-vierkant lê voor die gebou met 'n fontein en goed onderhoude tuin. Die volgende beelde van noemenswaardige persone versier die park:
- Marthinus Wessel Pretorius (staande)
- Andries Pretorius (ruiterbeeld)
- Hoofman Tshwane
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Stadsaal van Pretoria.