Standard Bank
Die Standard Bank van Suid-Afrika Bpk. is een van Suid-Afrika se grootste finansiële dienstegroepe. Dit doen sake in 33 lande ter wêreld, insluitende 17 in Afrika.
Die Standard Bank van Suid-Afrika Bpk. | |
Tipe | Openbare maatskappy |
---|---|
Gestig | 1862[1] |
Hoofkantoor | Johannesburg, Gauteng, Suid-Afrika |
Sleutelpersone | Fred Phaswana (voorsitter van die raad) Sim Tshabalala (gesamentlike uitvoerende hoof) Ben Kruger (gesamentlike uitvoerende hoof) |
Gebied bedien | Wêreldwyd |
Industrie | Bankwese |
Produkte | Kommersiële bankwese, beleggingsbankwese, beleggingsbestuur |
Inkomste | $16,6 miljard (2010) |
Netto inkomste | $1,6 miljard (2010) |
Werknemers | 53 350 |
Webwerf | standardbank.com |
Geskiedenis
wysigDie bank is in 1962 gestig as die Suid-Afrikaanse plaasvervanger van 'n Britse oorsese bank wat ook Standard Bank genoem is, onder die naam Standard Bank van Suid-Afrika.
Die Britse bank se geskiedenis in Suid-Afrika dateer terug na 1862 toe 'n groep van sakemense, wat deur John Paterson gelei is, die bank in Londen gestig het, aanvanklik onder die naam Standard Bank van Britse Suid-Afrika. Die bank het in 1863 bedrywighede in Port Elizabeth begin, en kort daarna met 'n paar ander banke saamgesmelt.
Verwysings
wysig- ↑ (en) Amphlett, George Thomas (1914). "I - Establishment of the Standard Bank of British South Africa, now called the Standard Bank of South Africa". History of the Standard Bank of South Africa ltd., 1862-1913. Glasgow, Printed by R. Maclehose. p. 1.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Standard Bank.
- Amptelike webtuiste