Stertolbos

plant spesie

Die stertolbos (Leucadendron stellare) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Leucadendron behoort en deel van die fynbos-bioom vorm. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap waar dit voorkom vanaf die Kaapse Vlakte tot by die Bergriviervallei en vlaktes by Aurora.

Stertolbos
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Orde: Proteales
Familie: Proteaceae
Genus: Leucadendron
Spesie:
L. stellare
Binomiale naam
Leucadendron stellare
(Sims) R.Br. ex Steud., (1821)
Sinonieme
  • Leucadendron angustatum Drège ex Meisn.
  • Leucadendron empetrifolium Gand.
  • Leucadendron imbricatum R.Br.
  • Leucadendron polygaloides Link
  • Protea cinerea Willd. ex Meisn.
  • Protea gnidiifolia Knight
  • Protea imbricata Poir.
  • Protea levisana Meisn.
  • Protea polygaloides Willd. ex Meisn.
  • Protea stellaris Sims[1]

Die struik word 2 m hoog en blom van September tot Oktober. Die plant spruit weer na 'n brand uit. Die sade word geberg in 'n tol op die vroulike plant en val na twee maande uit die tol tot op die grond. Die plant is eenslagtig en daar is afsonderlike plante met manlike- en vroulike blomme, wat deur insekte bestuif word. Die plant groei hoofsaaklik op gelyk gebiede, in droë sand oor klei grond op hoogtes van 30 - 170 m.

In Engels staan dit as die Star conebush bekend.

Galery

wysig

Verwysings

wysig

Bronnelys

wysig

Eksterne skakels

wysig