'n Stortradio, badkamerradio of badradio is 'n waterdigte radio wat met batterye werk en in die badkamer of ander nat plekke gebruik kan word. Party het ook 'n laserplaatspeler en/of 'n horlosie. Badradio's het gewoonlik nie oorfoonsokke of wisselstroompoorte nie; dit voorkom elektriese kortsluitings en skokke. Om dieselfde rede word eksterne lugdrade ook vermy.

Stort CD & Radio met 'n horlosie

Die eerste fabriekmatige stortradio is in 1985 deur Andrew R. Mark, van Stamford, Connecticut, gepatenteer.[1] Die produk is deur Salton Inc. bemark, met die handelsnaam Wet Tunes.

Daar is verskillende ontwerpe; party kan aan 'n pyp of handdoeklat hang, terwyl ander aan die stortmuur of -deur kan vassuig. Die stortradio's kan analoog of digitaal wees. Onlangs is wateraangedrewe[2] en opwenradio's vervaardig wat sonder batterye kan werk.

Verwysings

wysig
  1. "United States Design Patent D277,098". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Februarie 2017. Besoek op 28 Augustus 2013.
  2. Water-powered Radio hits the market

Eksterne skakels

wysig