Sudervė
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Sudervė is 'n Litause nedersetting in die Vilnius-distriksmunisipaliteit, sowat 15 kilometer noordwes van die stadsrand van Vilnius en 8 kilometer van die snelweg tussen Vilnius en Panevėžys af geleë.
Sudervė | |
---|---|
Die kerk van Sudervė | |
Koördinate: 54°46′52″N 25°05′38″O / 54.78111°N 25.09389°O | |
Land | Litaue |
Distrik | Vilnius |
Munisipaliteit | Vilnius |
Bevolking | |
• Totaal | 511 |
Tydsone | UTC+2 (OET) |
• Somertyd | UTC+3 (OEST) |
Die dorp met 'n bevolking van sowat 350 het in die verlede veral vir sy dorpskerk bekend gestaan wat in die vroeë 19de eeu volgens ontwerpe van die argitek Laurynas Gucevičius in 'n Pseudo-Romaanse styl opgerig is. Danksy die ligging naby die Riešė- en Vilnoja-mere en die oprigting van 'n hotelkompleks het Sudervė sedert 2001 tot 'n toeristetrekpleister ontwikkel.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Sudervė.