Suid-Afrikaanse Brouerye
(Aangestuur vanaf Suid-Afrikaanse brouerye)
- SAB stuur hierheen aan. Vir die versekeringsriglyn, sien Solvabiliteitassessering en -bestuur.
Die Suid-Afrikaanse Brouerye (afgekort SAB, oorspronklik "Castle Brouerye") het in 1895 ontstaan om die nuwe mark van mynwerkers en goudprospekteerders in en om Johannesburg van bier te voorsien. Twee jaar later het dit die eerste nywerheidsmaatskappy geword wat op die JSE genoteer is.
Suid-Afrikaanse Brouerye | |
Tipe | Filiaalmaatskappy |
---|---|
Gestig | 1895 |
Hoofkantoor | Johannesburg, Gauteng, Suid-Afrika |
Sleutelpersone | Norman Adami (voorsitter en besturende direkteur)[1] |
Gebied bedien | Suider-Afrika |
Industrie | Verbruikersgoedere |
Produkte | Bier, koeldranke |
Werknemers | 9 400[2] |
Moedermaatskappy | SABMiller |
Webwerf | sablimited.co.za |
Gedurende die afgelope twee dekades het die onderneming internasionaal geweldig uitgebrei. Vandag (2015) is SAB deel van SABMiller Plc, een van die wêreld se grootste brouerye (volume-gewys) met meer as 200 handelsmerke en brouerye op al ses vastelande.
Verwysings
wysig- ↑ (en) "Management". The South African Breweries Ltd. Besoek op 20 April 2014.
- ↑ (en) "Corporate Brochure". The South African Breweries Ltd. Besoek op 20 April 2014.