Suidelike melkbosskoenlapper
Die suidelike melkbosskoenlapper (Danaus chrysippus) is 'n bekende skoenlapper wat wydverspreid oor Suider-Afrika voorkom. In Engels is dit bekend as die African monarch of Plain tiger.[1] Die skoenlapper se vlerke is oranje-bruin met 'n swart apeks op die voorvlerk wat verskeie wit kolle omsluit. Die agtervlerk het by sommige indiwidue 'n dowwe wit kol. Die mannetjie en wyfie lyk feitlik eenders, maar die wyfie het net drie swart vlekke op die agtervlerk, terwyl die mannetjie vier het. Die vierde is 'n reukkol wat uit 'n tros geurskubbe bestaan.
Suidelike melkbosskoenlapper | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | D. chrysippus
|
Binomiale naam | |
Danaus chrysippus | |
Sinonieme | |
|
Hulle is onsmaaklik vir roofdiere en dien as 'n "model" wat deur die wyfies van die eetbare spesie Hypolimnas misippus nageboots word.
Die eiers word een-een gelê en is langskeeps geriffel. Die larwes is glad en het geel en swart lyfringe. Hulle het dikwels vlesige uitsteeksels wat uit die kop en rug groei. Die papie hang altyd aan sy stert en het dikwels goue kolle.
Die suidelike melkbosskoenlapper vlieg stadig en ontspanne en kan dus relatief maklik gevang word. Hulle is ook maklik om te teel. Larwes en eiers word een-een op gasheerplante gevind of eiers kan van 'n eierdraende wyfie verkry word.
Fotogalery
wysig-
Illustrasie van mannetjie -
Parende suidelike melkbosskoenlappers -
Eier op takkie -
Vroeë instar -
Voedende ruspe -
In aanhouding -
In aanhouding -
Ruspe begin pupeer -
Papie
Sien ook
wysigBron
wysig- Migdoll, Ivor. Veldgids tot die skoenlappers van Suider-Afrika. Kaapstad: C. Struik, 1987.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Suidelike melkbosskoenlapper.