TJX Companies
TJX Companies, Inc. is 'n Amerikaanse aandelemaatskappy met sy hoofkwartier in Framingham in die deelstaat Massachusetts wat in sy afdelingswinkels in Noord-Amerika en Europa onder die handelsmerke T.J. Maxx (VSA en Kanada) en T.K. Maxx (Verenigde Koninkryk, Republiek van Ierland, Duitsland, Oostenryk, Nederland en Pole) onder meer mode, huishoudelike ware, kos en kosmetika teen afslagpryse verkoop. Die afwykende Europese naam is gekies om verwarring met die Britse winkelketting TJ Hughes te voorkom.
TJX Companies, Inc. | |
Tipe | Publieke maatskappy |
---|---|
Gestig | 1956 as Zayre |
Hoofkantoor | Framingham, Massachusetts, Verenigde State |
Sleutelpersone | Ernie Herrman (voorsitter en hoof uitvoerende beampte) |
Gebied bedien | Noord-Amerika en Europa |
Industrie | Handelsbedryf |
Bedryfsinkomste | 30,9 miljard VSA-$ in 2015[1] |
Werknemers | 216 000 |
Divisies | T.J. Maxx T.K. Maxx HomeGoods HomeSense Marshalls Sierra Trading Post Winners |
Webwerf | tjx.com |
Volgens sy eie beskrywing is TJX Companies die grootste internasionale mode- en afslagwinkelketting in die VSA wat 3 900 winkels in nege lande bedryf. Sy aandele word as deel van die Standard & Poor's 500-indeks op die New Yorkse Effektebeurs genoteer.