Taalgenoot

kultuurtydskrif uitgegee deur die ATKV

Taalgenoot (voorheen Die Taalgenoot) is ‘n kultuurtydskrif uitgegee deur die ATKV. Dit gee veral aandag aan onderwerpe soos die Afrikaanse taal, kultuur, leefstyf en die aktiwiteite van die ATKV.

Die blad verskyn sedert Desember 1931 met Kosie Jacobs as die eerste redakteur. Aanvanklik was dit ‘n maandblad, maar later verskyn dit kwartaalliks en in gedrukte en later ook in digitale formaat. Dit is deel van die pakket tydskrifte en koerante was intekenare van Netwerk24 kan lees.

Die ATKV het tot 2016 ook die maandblad Hoezit! vir kinders tussen die ouderdomme van 8 en 14 jaar uitgegee.

‘n Soortgelyke tydskrif was Lantern. Tydskrif vir Kennis en Kultuur.

Bibliografie

wysig
  • atkv.org.za/taalgenoot/
  • mediamense.com/taalgenoot