Tankwarivier
Die Tankwarivier (ook Tanquarivier), 'n omaramba, is 'n boloop van die Olifantsrivier, Namakwaland.
Tankwarivier | |
---|---|
Stroomgebied | Noord-Kaap, Suid-Afrika |
Monding | Olifantsrivier |
Monding-hoogte | 271 m |
Gemiddelde afloop | 6 500 km² |
Koördinate: 32°18′39″S 19°33′11″O / 32.31083°S 19.55306°O |
Hierdie rivier ontspring by die Roggeveld-windplaas in die Klein-Roggeveldberge op 'n hoogte van 1 200 m bo seespieël. Daarna vloei dit noordweswaarts, deur die Tankwa Karoo Nasionale Park en by 32°23′56″S 19°55′12″O / 32.39889°S 19.92000°O in die Oudebaaskraaldam. Op 110 km suid van Calvinia by Elandsvlei, 32°18′39″S 19°33′11″O / 32.31083°S 19.55306°O, vloei die rivier op 'n hoogte van 271 m in die Doringrivier, 'n oostelike sytak van die Olifantsrivier. Die Tankwarivier het ‘n opvanggebied van nagenoeg 6 500 km².
Net stroomaf van hierdie samevloeiing, sluit die Tra-trarivier uit die weste by die Doringrivier aan.
Bibliografie
wysig- Tankwa-Karoo & the Roggeveld escarpment. www.slingsbymaps.com