Bokmakierie
(Aangestuur vanaf Telophorus zeylonus)
Die bokmakierie (Telophorus zeylonus) is 'n endemiese, algemene standvoël in struikveld, Karoobossieveld, strandveld en grasveld met verspreide bosse. Die voël is 23 cm groot en weeg 60 - 66 gram. In Engels staan die voël ook bekend as die Bokmakierie. Dit is 'n opvallende lewendige voël en bring baie tyd op die grond deur.
Bokmakierie | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | T. zeylonus
|
Binomiale naam | |
Telophorus zeylonus (Linnaeus, 1766)
|
Voorkoms
wysigDie voël is 23 cm lank en weeg 60 tot 66 gram. Die lyf is olyf, swart en geel en die geslagte lyk eenders. Tydens vlug is die groen-en-swart ster met geel punte opvallend. Die jong voëls is effens valer en het nie 'n swart borsrand en duidelike kopmerke nie.
Sien ook
wysigBron
wysig- Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011. ISBN 978-1-77007-928-1