Termiese geleidingsvermoë
Termiese geleidingsvermoë, λ, in fisika is die intensiewe eienskap van 'n materiaal wat sy vermoë om hitte te gelei aandui.
Termiese geleidingsvermoë is die hoeveelheid warmte Q, wat deur 'n dikte L in rigting loodreg tot die oppervlak met oppervlakte A gelei word as gevolg van 'n temperatuurverskil ΔT onder gestadigde toestande en wanneer die hitte-oordrag slegs afhanklik is van die temperatuurgradiënt.
- termiese geleidingsvermoë = tempo van warmtevloei × afstand / (oppervlak × temperatuurgradiënt)
- λ = Q × L / (A × ΔT)
Eenhede
wysigWatt per meter-kelvin of W/mK is 'n afgeleide eenheid van die SI-stelsel.
Dit is die eenheid waarin termiese geleidingsvermoë gewoonlik uitgedruk word.
Voorbeelde
wysigOor die algemeen is daar 'n verband tussen termiese- en elektriese geleidingsvermoë; Metale is dan ook tipies goeie warmtegeleiers. Daar is egter uitsonderings: die noemenswaardigste hiervan is diamant wat 'n hoë termiese geleidingsvermoë het (tussen 1000 en 2600 W·m-1), terwyl dit 'n baie lae elektriese geleidingsvermoë besit.
Die onderstaande tabel is saamgestel uit data uit die CRC Handbook of Chemistry and Physics Geargiveer 24 Julie 2017 op Wayback Machine. Alle waardes is vir materiale by kamertemperatuur (298 K), tensy anders vermeld.
Termiese geleidingsvermoëns van alledaagse materiale:
Materiaal | Termiese geleidingsvermoë (298 K) W·m-1·K-1 |
---|---|
Diamant | 895-2300 |
Silwer | 429 |
Koper | 401 |
Goud | 317 |
Aluminium | 237 |
Geelkoper | 120 |
Platinum | 71.6 |
Yster | 80.2 |
Lood | 35.3 |
Kwik | 8.514 |
Kwarts (273K) | 6.8-12 |
Ys (273K) | 2.2 |
Glas | 1.35 |
Water | 0.6062 |
Hout | 0.04 (balsa) – 0.35 (den) |
Wol | 0.04 |
Polistireen | 0.033 |
Lug (100 kPa) | 0.0262 |
Silika aerogel | 0.017 |
Termiese geleidingsvermoë verander met temperatuur. Vir die meeste materiale verminder dit effens soos die temperatuur styg. Aangesien diamant 'n hoë termiese geleidingsvermoë het en natuurlike blou diamant selfs 'n hoër geleidingsvermoë het kan 'n mens die edelgesteentes vir egtheid toets deur van 'n toetser van termiese geleidingsvermoë gebruik te maak.
Verwante begrippe
wysigDie omgekeerde van termiese geleidingsvermoë is termiese weerstand wat in kelvin-meter per watt (K·m·W-1) gemeet word.
Sien ook
wysigEksterne skakels
wysig- http://physics.nist.gov/Pubs/SP811/appenB9.html
- http://www.for.gov.bc.ca/hfp/pubs/silviculture_notes/sn16.pdf Geargiveer 31 Januarie 2005 op Wayback Machine Sien Bladsy 5
- http://www.npl.co.uk/thermal/faq_index.html#heat%20transfer%20property Geargiveer 8 September 2005 op Wayback Machine Gereelde vrae oor termofisika beantwoord
- http://www.ornl.gov/roofs+walls/research/detailed_papers/rastra/dynamic.htm Geargiveer 27 Oktober 2003 op Wayback Machine
- http://www.tak2000.com/data2.htm Geargiveer 3 Oktober 2005 op Wayback Machine
Verwysings
wysig- Halliday, David; Resnick, Robert; & Walker, Jearl(1997). Fundamentals of Physics (5th ed.). John Wiley and Sons, INC., NY ISBN 0-471-10558-9.
- Ooreenstemmende artikel in die Engelstalige Wikipedia: en:Thermal conductivity