Terreinplan
tekening van 'n area se bestaande en beoogde kenmerke
'n Terreinplan toon die terreingrense, terreinkenmerke soos kontoere en bome, die voetspoor van geboue (nie die dak nie), terreinmure, plaveisel, paaie, heinings en hekke, op ’n skaal van 1:200 of 1:500. Die terreinplan is 'n noodsaaklike onderdeel van boutekeninge, argeologiese optekening, ingenieurswerke ens.