Thabana Ntlenyana
Thabana Ntlenyana (Sotho vir: "Pragtige klein bergie") is die hoogste punt in Lesotho en die hoogste bergpiek (3 482 m) in Suider-Afrika en die Drakensberge. Die piek is net noord van die Sanipas in die Drakensberge, in oostelike Lesotho net wes van die grens met die Suid-Afrikaanse provinsie KwaZulu-Natal geleë, en kan slegs via die Sanipas bereik word.[2]
Thabana Ntlenyana | |
---|---|
Ligging | Lesotho / KwaZulu-Natal, Suid-Afrika |
Hoogte | 3 482[1] meter bo seevlak |
Prominensie | 2 390 meter |
Reeks | Drakensberge |
Koördinate | 29°28′05″S 29°16′09″O / 29.46806°S 29.26917°O |
Eerste bestyging | 1951 |
Maklikste roete | Voetslaanpad |
Dit bestaan uit basalt en word omring deur soortgelyke hoë berge; die punt is nie baie uitgesproke nie. Naby Thabana Ntlenyana vloei die boloop van die Oranjerivier wat in die Atlantiese Oseaan uitloop.
Thabana Ntlenyana is die hoogste berg in Afrika suid van Kilimandjaro in Tanzanië.
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ (en) "Thabana Ntlenyana, Lesotho". Peakbagger.com. Besoek op 26 April 2020.
- ↑ Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus 1995 ISBN 1-86842-026-4
Eksterne skakels
wysig- (en) "Thabana Ntlenyana". Encyclopædia Britannica. Besoek op 26 April 2020.