The Shard
Verdiepings
95 (waarvan 72 as kantoor- of woonruimte dien)
Voltooiing
5 Julie 2012
Argitek
Renzo Piano
Strukturele ingenieurs
WSP Global
Opdraggewer
Sellar-eiendomsgroep vir LBQ Ltd
Straatadres
20 Fenchurch Street
London, SE1
Argitektoniese besonderheid
Konstruksie van bo na benede
Betonkern en fondament het gelyktydig ontstaan
Gebruik van ekstra-wit glas vir fasade
The Shard (ook bekend as Shard London Bridge, London Bridge Tower of die Shard of Glass) is 'n wolkekrabber in die Britse hoofstad Londen wat in 2012 as deel van die herontwikkeling van die London Bridge-buurt voltooi is. Die boukoste het sowat £450 miljoen beloop. Die wolkekrabber is tans in besit van die Staat Katar (95 persent) en die Sellar-eiendomsgroep (5 persent).
Die toring het 'n hoogte van 309,6 meter met 72 verdiepings. Dit is die hoogste gebou in die Verenigde Koninkryk, die vyfde hoogste gebou in Europa en die 111de hoogste gebou ter wêreld. Dit is daarnaas ook die tweede hoogste vrystaande struktuur in die Verenigde Koninkryk, ná die Emley Moor-uitsaaitoring in West Yorkshire.
The Shard vervang die Southwark Towers, 'n kantoorgebou van 24 verdiepings wat in 1976 opgerig is.
Geskiedenis
wysigThe Shard is in opdrag van die Londense projekontwikkelaar Irvine Sellar in 2000-2001 deur die Italiaanse argitek Renzo Piano ontwerp, wat internasionaal bekend is vir die ontwerp van die Centre Pompidou in Parys.[1] Die bouwerk is in Maart 2009 begin. Dit is in Julie 2012 amptelik deur die eerste minister van Katar, Sjeik Hamad Bin Jassem Bin Jabor Al Thani, en die Hertog van York geopen.
Fotogalery
wysig-
Februarie 2010
-
Julie 2010
-
Oktober 2010
-
November 2010
-
April 2011
-
Augustus 2011
-
April 2012
-
Mei 2012
-
Junie 2012
-
Inhuldiging op 5 Julie 2012
Verwysings
wysig- ↑ Bloomberg: Shard Developer Sellar to Seek Highest Office Rents Since 1980s (Chris Bourke, 20 Januarie 2010)
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie The Shard.
- (en) Amptelike webwerf