The Spider
The Spider is 'n Amerikaanse pulptydskrifheld van die 1930's en 1940's. Die karakter is geskep deur die uitgewer Harry Steeger en die stories is oor 118 uitgawes van die tydskrif The Spider, van 1933 tot 1943, deur verskillende skrywers geskryf. Die tydskrif het in die 1930's goed verkoop en eksemplare is gewild onder moderne versamelaars van pulptydskrifte. Volgens die pulptydskrifhistorikus Ed Hulse is The Spider die gewildste van alle enkelkaraktertydskrifte, buiten The Shadow en Doc Savage.[1]
Volgens Stan Lee, skepper van die Marvel Comics-karakter Spider-Man, was The Spider 'n invloed toe Spider-Man geskep is.[2]:130
Verwysings
wysig- ↑ Ed Hulse, The Blood 'n' Thunder Guide to Collecting Pulps. Murania Press, 2009, ISBN 0-9795955-0-9 (pp. 78-82).
- ↑ Lee, Stan; Mair, George (2002). Excelsior!: The Amazing Life of Stan Lee. Fireside. ISBN 978-0-684-87305-3.
Skakels
wysig- The Spider Returns (aanhangerwebtuiste)
- The Spider by ThePulp.Net
- Magazine Datalêer vir The Spider
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie The Spider.
- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.