The Stone Diaries
The Stone Diaries is 'n roman van die Kanadese skrywer Carol Shields wat die eerste keer in 1993 gepubliseer is. Dit het in 1993 die Governor General's Award vir Engelstalige Kanadese fiksie gewen, en in 1995 die Amerikaanse Pulitzerprys vir Fiksie gewen. Dit is verder ook in 1993 vir die Britse Statebond se Booker-prys gekortlys. Hierdie ongewone multinasionale erkenning is moontlik gemaak deurdat Shields beide 'n Amerikaanse en 'n Kanadese burger was.
The Stone Diaries
| |
---|---|
Skrywer | Carol Shields |
Omslagontwerper | Andrea Pinnington (ontwerp); David Purdie (fotografie) |
Land | Kanada |
Taal | Engels |
Genre | Roman |
Uitgewer | Random House |
Uitgegee | 1993 |
Medium | Druk (gebind & sagteband) |
Bladsye | 361 |
ISBN | 0-394-22362-4 |
Die roman handel oor die fiktiewe biografie van Daisy Goodwill Flett, 'n gewone vrou wie se lewe aanhoudend bemoeilik word deur haar omstandighede, sodat sy nooit seker is van haar doel in die wêreld nie en ook nooit 'n persoonlike tevredenheid met die lewe ontdek nie. Shields het die roman se titel waarskynlik geleen by Pat Lowther se versameling gedigte A Stone Diary (1977). Die moord op Lowther in 1975 het as inspirasie gedien vir een van Shields se vorige romans, Swann: A Mystery (1987).