The Watcher (TV-reeks)
The Watcher is 'n Amerikaanse misterierillerreeks vir televisie wat deur Ryan Murphy en Ian Brennan vir Netflix geskep is.[3] Die première was op 13 Oktober 2022.[4]
The Watcher | |
Genre | |
---|---|
Geskep deur |
|
Met |
|
Oorsprong | VSA |
Taal | Engels |
Aantal seisoene | 1 |
Aantal episodes | 7 |
Produksie | |
Uitvoerende vervaardiger(s) |
|
Kinematografie |
|
Produksiemaatskappy | Ryan Murphy Productions |
Uitsending | |
Oorspronklike kanaal | Netflix, geskoei op "The Haunting of a Dream House", Reeves Wiedeman. |
Oorspronklike lopie | 13 Oktober 2022 | – tans
The Watcher is losweg geskoei op 'n artikel van 2018 deur Reeves Wiedeman vir die tydskrif New York se webtuiste The Cut.[4][5]
Dit is aanvanklik geskep as 'n minireeks, maar The Watcher is in November 2022 vir 'n tweede seisoen hernu.[6]
Storielyn
wysigDie reeks gaan oor 'n egpaar wat in hulle droomhuis in Westfield, New Jersey, intrek en lastig geval word deur 'n bekruiper wat homself die "Watcher" noem en vreemde briewe aan hulle skryf.[5][7]
Hoofkarakters
wysig- Naomi Watts is Nora Brannock
- Bobby Cannavale is Dean Brannock
- Isabel Gravitt is Ellie Brannock
- Luke David Blumm is Carter Brannock
- Jennifer Coolidge is Karen Calhoun
- Margo Martindale is Maureen / Mo
- Richard Kind is Mitch
- Mia Farrow is Pearl Winslow
- Terry Kinney is Jasper Winslow
- Christopher McDonald is speurder Rourke Chamberland
- Noma Dumezweni is Theodora Birch
- Joe Mantello is William "Bill" Webster / John Graff
- Stephanie Kurtzuba is Helen Graff
- Henry Hunter Hall is Dakota
Episodes
wysigSeisoen | Episodes | Uitgereik | |
---|---|---|---|
1 | 7 | 13 Oktober 2022 |
Seisoen 1
wysigEpisode | Titel | Regisseur | Skrywer | Uitgereik |
---|---|---|---|---|
1 | "Welcome, Friends" | Ryan Murphy | Ryan Murphy & Ian Brennan | 13 Oktober 2022 |
Die Brannock-gesin, pa Dean, ma Nora en die kinders, Ellie en Carter, kom by Boulevard 657 aan om 'n huis op 'n ope dag te besigtig. Nora ontmoet 'n ou vriendin, Karen, wat die eiendomsagent is. Die gesin besluit om die huis te koop. Dean moet egter al die gesin se spaargeld gebruik om dit te bekostig. Ses weke later trek die gesin in. Ellie hoor musiek uit 'n leë kamer en die gesin ontvang 'n onheilspellende brief van die "Watcher," wat dreig om Ellie en Carter te ontvoer. Dean en Nora gaan polisie toe, maar speurder Chamberland glo dit is 'n poets. Hy stem egter in om die brief vir DNS-toetse te stuur en sê hy weet die gesin moes "diep grawe" om die huis te bekostig. Die volgende oggend ontdek Carter vir Jasper, hulle buurman, in die huis se koshyser. Pearl, Jasper se suster, verduidelik die vorige eienaars het nie omgegee dat Jasper die koshyser gebruik nie. Dean en Nora besluit om alarms en kameras te installeer en huur Dakota, 'n 19-jarige entrepreneur, daarvoor. Later dié nag kry Carter sy troetelfret dood. 'n Paar oggende later kry Dean nog 'n brief van die Watcher in die posbus.
Episode | Titel | Regisseur | Skrywer | Uitgereik |
---|---|---|---|---|
2 | "Blood Sacrifice" | Paris Barclay | Ryan Murphy & Ian Brennan | 13 Oktober 2022 |
Dean en Nora bring die tweede brief na Chamberland, wat voorstel hulle huur 'n privaat speurder en Dean huur Theodora Birch. Nora en die kinders slaap in 'n motel en Dean in die huis. Die eerste nag lui die voordeurklokkie, maar daar is niemand toe Dean die deur oopmaak nie, en hy hoor musiek uit 'n boonste kamer. By die motel kry Nora 'n foonoproep en hoor swaar asemhaling. Toe sy die nommer terugbel, blyk dit die oproep kom van die huis se landlyn. Later gee Theodora vir Dean die kontakbesonderhede van Andrew Pierce, 'n vorige eienaar. Dean ontmoet Andrew, wat vir hom vertel sy seun, Caleb, het eenkeer na die bure Mitch en Mo se huis gegaan en mans in mantels gesien wat 'n baba se bloed drink. Andrew het kort daarna ook die Watcher se briewe gekry en glo dit kom van Mitch en Mo af. Dean en Nora huur Dakota as 'n nagwag buite die huis. Daardie nag soen Dakota en Ellie mekaar. Die volgende oggend konfronteer Dean Mo oor die kontrakteurs. Dean word nie 'n vennoot gemaak van die maatskappy waar hy werk nie. Later word Dean wakker van skote. Die volgende oggend tref die polisie Mitch en Mo dood in hulle huis aan.
Episode | Titel | Regisseur | Skrywer | Uitgereik |
---|---|---|---|---|
3 | "Götterdämmerung" | Ryan Murphy | Ryan Murphy & Ian Brennan | 13 Oktober 2022 |
Dean bespreek steeds die saak met Theodora. Dit is nog nie duidelik wie die Watcher is nie. Nora vertel vir Karen van haar huweliksprobleme, en Karen stel voor hulle het meer seks. Later ontmoet Dean 'n man met die naam John in hulle huis. Hy beweer hy is die bou-inspekteur. Dean vind uit daar is geen bou-inspekteur in hulle gebied met dié naam nie. Nora probeer na Karen se raad luister, maar Dean se gedagtes is by wat alles by die huis aangaan. Theodora bel Dean. Sy vra Chamberland of sy na ou lêers oor die huis kan kyk. Sy vind uit 'n vorige eienaar, John Graff, wat ook briewe van die Watcher gekry het, het sy gesin vermoor. Dean dink die man met die naam John wat hy vroeër in die huis ontmoet het, is John Graff. Omdat Jasper Winslow die lyke ná die moord ontdek het, wil Dean hom oor die saak uitvra, maar Pearl weier. Nora kry nog 'n brief van die Watcher.
Episode | Titel | Regisseur | Skrywer | Uitgereik |
---|---|---|---|---|
4 | "Someone to Watch Over Me" | Paris Barclay | Ryan Murphy & Ian Brennan | 13 Oktober 2022 |
Dean vertel vir Nora en Theodora van die man met die naam John wat hy vroeër ontmoet het. Theodora sien egter nie die verband nie en dink Dakota, wat met Ellie begin uitgaan het, is die Watcher. Dean konfronteer Ellie en Dakota, en Ellie bel die polisie. Dakota stem in om 'n monster van sy DNS vir toetse te verskaf om te sien of dit ooreenstem met die DNS op die Watcher se koevert. Ellie vertel vir haar aanlyn volgelinge van haar pa se gedrag en impliseer haar pa is 'n rassis, want Dakota is 'n swart man. Dean vind uit van 'n kamera in hulle slaapkamer wat hom afgeneem het terwyl hy slaap. Die videomateriaal wys 'n jong meisie wat om die bed loop en langs hom gaan lê. Sy lyk soos Pat Graff, die dogter van John Graff. Dakota onthul hy het die beeldmateriaal vir Nora en Dean se baas gestuur, en sê hy het die kamera in die slaapkamer geïnstalleer omdat hy gedink het Dean is die Watcher. Nora skop Dean uit die huis toe sy die video sien. Dean hou aan om uit te kryk vir iets verdags, en sien 'n motor wat Mo en Mitch by hulle huis aflaai.
Episode | Titel | Regisseur | Skrywer | Uitgereik |
---|---|---|---|---|
5 | "Occam's Razor" | Jennifer Lynch | Ryan Murphy & Ian Brennan | 13 Oktober 2022 |
Nora vertel vir Theodora die oproep in die motel het van hulle landlyn af gekom. Theodora het 'n handskrifkenner gehuur om die briewe te ondersoek en glo Dean is die Watcher. Theodora vind uit Dean is nie 'n vennoot gemaak nie en het lenings gekry om die huis te koop. Mo vertel vir Nora haar seun het gemaak of hulle dood is om die versekeringsgeld te kry. Pearl glo Jasper het die briewe geskryf, want sy het 'n brief gekry met die opskrif "Ode to a House." Dakota deursoek al die videomateriaal van die kameras by die Brannocks se huis en kom agter die meisie in Dean se slaapkamer het nooit die huis binnegegaan nie. Dean vertel vir Nora hy het die derde brief geskryf. Karen sê vir Nora iemand wil hulle huis koop, maar Nora wys die aanbod van die hand. Die DNS-resultate van die eerste Watcher-brief kom terug en wys 'n vrou se DNS was op die koevert. Nora sien Chamberland en Karen saam in die buiteklub eb konfronteer hulle, want sy dink hulle wil die huis goedkoop koop. Ellie vind uit "Ode to a House" is 'n skooltaak wat Roger Kaplan geskep het om studente 'n liefdesbrief aan hulle gunstelinghuis te laat skryf. Nora herken Kaplan van die ope dag by die huis en konstruksiewerkers ontdek 'n tonnel in die kelder.
Episode | Titel | Regisseur | Skrywer | Uitgereik |
---|---|---|---|---|
6 | "The Gloaming" | Max Winkler | Ian Brennan & Reilly Smith | 13 Oktober 2022 |
Dean en Nora jaag 'n geheimsinnige figuur deur die tonnel en sien 'n slaapkamer waar iemand gewoon het. Die persoon verdwyn deur 'n geslote deur en blyk John Graff te wees. Die twee gaan na Chamberland, wat weier om hulle te help omdat hulle hom by die buiteklub gekonfronteer het. Theodora gaan na Trish, Roger se eksvrou, wat vir haar vertel Roger was dol oor Boulevard 657. Hy het ook van 'n ander huis gehou en het liefdesbriewe aan die eienaars geskryf. Ná 'n ruk raak die briewe dreigender. Later konfronteer Dean en Nora Roger en sy nuwe vrou, Miko, by die supermark. Hulle beskuldig Roger darvan dat hy die Watcher-briewe geskryf het, maar Roger en Miko loop weg. Dean en Nora stem saam dat hulle die huis moet verkoop. Die Brannocks kry 'n groot aanbod, maar die koper trek kop uit ná die verskyning van 'n artikel oor die huis. Karen sê vir Nora sy het die artikel laat publiseer. Die Brannocks trek terug na hulle ou huis in die stad.
Episode | Titel | Regisseur | Skrywer | Uitgereik |
---|---|---|---|---|
7 | "Haunting" | Jennifer Lynch | Ian Brennan & Reilly Smith & Todd Kubrak & Ryan Murphy | 13 Oktober 2022 |
Baie van Nora se kunswerke word verkoop, en Dean is steeds obsessief daaroor om die Watcher te vang. Nora vertel vir Theodora, wat in die hospitaal is met terminale kanker, van Dean se obsessie. Theodora laat kom Dean later na die hospitaal en sê vir hom sy is die Watcher, en dat die Brannocks Boulevard 657 van haar gekoop het. Ná haar egskeiding het sy al haar spaargeld verloor en moes sy die huis verkoop. Toe Dean en Nora na Theodora se begrafnis gaan, vertel haar dogter vir hulle sy het gejok dat sy die Watcher is sodat Dean vrede kan vind. Die egpaar kry weer 'n anbod vir die huis en verkoop dit. Karen sit agter die aanbod, en Nora besoek haar toe sy intrek. Sy sê vir haar sy "sal die huis dophou". Laat die aand ontdek Karen 'n Watcher-brief in die koshyser. Sy tref haar hond dood aan en sien 'n geheimsinnige figuur wat haar dophou. 'n Paar weke later vertel Dean vir sy sielkundige Karen het die huis verkoop. Hy gaan terug na die huis en stel hom aan die nuwe eienaar as John voor. Hy jok vir Nora oor waar hy is en ry terug na hulle stadshuis, onwetend dat Nora hom dophou.
Ontvangs
wysigOp Rotten Tomatoes het The Watcher 'n goedkeuringsyfer van 56% en 'n gemiddelde punt van 5,5/10 gekry, gabaseer op 34 resensies.[8] Metacritic het 'n punt van 54 uit 100 daaraan toegeken, gebaseer op agt resensies, wat dui op "gemeng of middelmatig".[9]
Daniel D'Addario van die tydskrif Variety som die reeks op as "uiteindelik onmerkwaardige fiksie".[10]
Verwysings
wysig- ↑ Carlin, Shannon (13 Oktober 2022). "The Horrifying True Story Behind Netflix's The Watcher". Time. Besoek op 15 Oktober 2022.
- ↑ Gulla, Emily (13 Oktober 2022). "The Watcher viewers are all saying the same thing about new Netflix thriller". Cosmopolitan. VK. Besoek op 15 Oktober 2022.
- ↑ Nolfi, Joey (14 September 2021). "Naomi Watts teases her return to horror in 'freaky' Ryan Murphy 'Watcher' series". Entertainment Weekly. Besoek op 27 Januarie 2022.
- ↑ 4,0 4,1 Rice, Lynette (24 September 2022). "'The Watcher': Netflix Unveils Trailer & Debut Date For Ryan Murphy's Latest Scarefest". Deadline Hollywood. Besoek op 24 September 2022.
- ↑ 5,0 5,1 Wiedeman, Reeves (11 Oktober 2022) [November 12, 2018]. "The Haunting of a Dream House". The Cut. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Oktober 2022. Besoek op 14 Oktober 2022.
- ↑ Ausiello, Michael (7 November 2022). "Netflix Renews Ryan Murphy's Watcher for Season 2, Monster for Seasons 2, 3". TVLine. Besoek op 7 November 2022.
- ↑ Fleming, Mike Jr. (5 Desember 2018). "Netflix Wins Heated Auction For Film Rights To Dream House Nightmare Tale 'The Watcher'". Deadline Hollywood. Besoek op 27 Januarie 2022.
- ↑ The Watcher, seisoen 1, Rotten Tomatoes. Besoek op 19 Oktober 2024.
- ↑ [ttps://www.metacritic.com/tv/the-watcher-2022/season-1/ The Watcher, seisoen 1, Metacritic]. Besoek op 19 Oktober 2024.
- ↑ D'Addario, Daniel (13 Oktober 2022). "'The Watcher' Sucks the Suspense From a True-Life Horror Story: TV Review". Variety.
Skakels
wysig- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.