Theo Engelenberg
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Theo Engelenberg (*2 Maart 1901, Pretoria –† onbekend) was ’n Afrikaanse skrywer van ontspanningslektuur.
Lewe en werk
wysigTheo Engelenberg is op 2 Maart 1901 in Pretoria gebore. Hier gaan hy skool aan die Oost-Eind-Skool, waar hy in 1920 matrikuleer. Hierna leer hy as apteker en ondergaan sy praktiese opleiding by die Tudor Pharmacy in Pretoria, waarna hy in 1925 die finale eksamen aflê en as apteker kwalifiseer.
Hy trou in 1926 met Annie Siglé, ook van Pretoria, en hulle gaan woon in Volksrust, waar hy ’n apteek open. Na vyf jaar keer hulle terug na Pretoria, waar hulle ook vyf jaar bly voordat hulle ’n jaar in Johannesburg woon. Hierna trek hulle na Randfontein, waar hy bestuurder is van die Randgate-apteek van die E.J. Adcock-groep.
In Pretoria raak hy geïnteresseerd in fotografie en word ondervoorsitter en later ere-sekretaris van die Pretoria Fotografiese Vereniging. Die fotografiese klub wat hy in Randfontein stig loop dood tydens die Tweede Wêreldoorlog omdat films nie geredelik bekombaar was nie, waarna hy begin om sy tyd te verwyl met skryf.
Skryfwerk
wysigHy skryf ontspanningsverhale onder sy eie naam en skryf ook speurverhale onder die skuilnaam Gysbert van Tonder.
Publikasies
wysigJaar | Publikasies |
---|---|
1945 | Die teken van die Suiderkruis |
Wannie | |
1950 | Moord in Kamer 13 (Gysbert van Tonder) |
1953 | Die geheime laai |
Bronnelys
wysigBoeke
wysig- Nienaber, P.J. Hier is ons skrywers! Afrikaanse Pers-Boekhandel Johannesburg Eerste uitgawe 1949