Thompson Boekdrukkery
Thompson Boekdrukkery is in 2011 gestig met die doel om Afrikaanse wetenskapfiksie en fantasie-boeke vir volwassenes te publiseer en te bevorder. Hulle het verskeie Afrikaanse boeke in gedrukte asook e-boekvorm gepubliseer. Lesers kan boeke vanaf hulle webtuiste aankoop en skrywers kan manuskripte aan hulle voorlê. Hulle bied ook 'n jaarlikse Afrikaanse wetenskapfiksie en fantasie kortverhaalskryfkompetisie aan.
Op 12 Mei 2016 word op Afrifiksie se Facebookblad aangekondig dat sy bedrywighede in Augustus 2016 gestaak word:
Drie dae later word uitdruklik gestel dat Afrifiksie en Thompsons Boekdrukkery sonder winsbejag was. Die skrywers is aangemoedig om voort te bly skryf en, indien hul werk by die hoofstroomuitgewers verwerp word, van selfpublikasieuitgewers gebruik te maak.
Boeke
wysigEnkele van hul bekende boeke ter illustrasie:
- T!Nax'u, 2012 deur Gerrit van Dijk
- Een biljoen jaar NC, 2012 deur Charles F. Stofberg
- Man...of die Monster, 2013 deur Petronel
- Wanneer die middernagson weer skyn, 2013 deur Petronel
- Jou lewe...vir my liefde, 2013 deur Petronel
- Deur na Nebula Nege, 2014 deur François Verster