Tipe 206-klas duikboot
Subklas van | Duikboot |
---|---|
Kort naam | Type 206 |
NAVO-kodenaam | SSK Type 206 |
Voorafgegaan deur | Type 205 submarine |
Opgevolg deur | Tipe 212-klas duikboot, Type 209 submarine |
Land van oorsprong | Duitsland |
Operateur | Duitse Vloot, National Navy of Colombia, Israeli Navy |
Vervaardiger | Howaldtswerke-Deutsche Werft |
Die Tipe 206-klas duikboot is 'n konvensionele diesel-elektriesaangedrewe duikboot van die Duitse Vloot. Dit is een van die kleinste duikbote en vir sy grootte, een van die suksesvolste aanvalsduikbote in die wêreld. Die eerste geslag verplaas net 459 ton water op die oppervlakte. Die eerste tipe 206 is in die vroeë 1970's in diens gestel nadat sewentien eenhede bestel is. Later is nog veertien duikbote afgelewer, hulle het as tipe 206A bekend gestaan. Twaalf van die eerste sewentien eenhede is die vroeë 1990's opgradeer na tipe 206A.
Hierdie klas was ontwikkel om in vlak water te kan werk soos die Baltiese See tydens die Koue oorlog; hulle kan in water van slegs 20 m werk. Hulle rol is teenduikbootoperasies, lê van seemyne en verkenning. Teen die jaar 2000 was veertien eenhede van die duikbote nog in gebruik. Teen 2003 was twaalf nog in gebruik. Interessant genoeg was hulle gebruiksarea uitgebrei na die Atlantiese Oseaan en die Middellandse See.
Vier van die duikbote is in 1998 deur Indonesië gekoop.
Lys van duikbote in die klas
wysigWimpelnommer | Naam | Roepsein | Kiel neergelê | Te water gelaat | In diens gestel | Uit diens gestel | Uiteinde |
---|---|---|---|---|---|---|---|
S192 | U13 | DRDG | 15 November 1969 | 28 September 1971 | 19 April 1973 | 26 Maart 1997 | Opgebreek |
S193 | U14 | DRDH | 1 Maart 1970 | 1 Februarie 1972 | 19 April 1973 | 26 Maart 1997 | Opgebreek |
S194 | U15 | DRDI | 1 Junie 1970 | 15 Junie 1972 | 17 Julie 1974 | 14 Desember 2010 | |
S195 [1] | U16 | DRDJ | 1 November 1970 | 29 Augustus 1972 | 9 November 1973 | 3 Maart 2011 | Verkoop aan Colombia vir onderdele |
S196 | U17 | DRDK | 1 Oktober 1970 | 10 Oktober 1972 | 28 November 1973 | 14 Desember 2010 | |
S197 [2] | U18 | DRDL | 1 April 1971 | 31 Oktober 1972 | 19 Desember 1973 | 3 Maart 2011 | Verkoop aan Colombia vir onderdele |
S198 | U19 | DRDM | 5 Januarie 1971 | 15 Desember 1972 | 9 November 1973 | 23 Augustus 1998 | Verkoop aan Indonesië as Bramastra, opgebreek |
S199 | U20 | DRDN | 3 September 1971 | 16 Januarie 1973 | 24 Mei 1974 | 26 September 1996 | Verkoop aan Indonesië as Aluguro, opgebreek |
S170 | U21 | DRDO | 15 April 1971 | 9 Maart 1973 | 16 Augustus 1974 | 3 Junie 1998 | Verkoop aan Indonesië as Cundomani, opgebreek |
S171 | U22 | DRDP | 18 November 1971 | 27 Maart 1973 | 26 Julie 1974 | 18 Desember 2008 | opgebreek |
S172 | U23 | DRDQ | 5 Maart 1972 | 25 Mei 1974 | 2 Mei 1975 | 3 Maart 2011 | Verkoop aan Colombia as ARC Intrépido [1] |
S173 | U24 | DRDR | 20 Maart 1972 | 26 Junie 1973 | 16 Oktober 1974 | 31 Maart 2011 | Verkoop aan Colombia as ARC Indomable [1] |
S174 | U25 | DRDS | 1 Julie 1971 | 23 Mei 1973 | 14 Junie 1974 | 31 Januarie 2008 | tans te koop |
S175 | U26 | DRDT | 14 Julie 1972 | 20 November 1973 | 13 Maart 1975 | 9 November 2005 | opgebreek |
S176 | U27 | DRDU | 1 Oktober 1971 | 21 Augustus 1973 | 16 Oktober 1974 | 13 Junie 1996 | opgebreek |
S177 | U28 | DRDV | 4 Oktober 1972 | 22 Januarie 1974 | 18 Desember 1974 | 30 Junie 2004 | opgebreek |
S178 | U29 | DRDW | 10 Januarie 1972 | 5 November 1973 | 27 November 1974 | 31 Desember 2006 | opgebreek |
S179 | U30 | DRDX | 5 Desember 1972 | 4 April 1974 | 13 Maart 1975 | 31 Januarie 2007 | opgebreek |
Notas:
- U21 het 'n interessante geskiedenis nadat dit uit diens gestel is: eerstens sou dit verkoop word aan Indonesië as Cundamanik. Hierdie plan het misluk en U21 sou opgebreek word in Itzehoe, maar Howaldtswerke-Deutsche Werft het dit geteiken vir 'n maatskappymuseum in Kiel. Hierdie museum het egter nie tot stand gekom nie en U21 is aan die stad Eckernförde geskenk en soontoe gesleep. Vir 'n kort tydperk was dit bedryf as toeriste-tegnologiemuseum maar as gevolg van plaaslike politiek is dit uiteindelik opgebreek.
- U13, U14, U19 en U20 sou ook verkoop word aan Indonesië as Nagarongsang, Nagabanda, Bramastra en Alugoro.
- Gedurende Februarie/Maart 2010 is U26, U28 en U30 deur die Poolse sleepboot Ikar gesleep na 's-Gravendeel, Nederland om opgebreek te word.[2]
- U17 and U26 het New York besoek tydens die Vlootweek in 1992.
Tegniese besonderhede
wysigItem | Statistiek |
---|---|
Verplasing (oppervlak) | 442 metrieke ton |
Verplasing (onderwater) | 490 metrieke ton |
Lengte | 48,6 m |
Breedte | 4,6 m |
Aandrywing | 2 x MTU 16V 396 diesel generators Permasyn elektriese motor, 600 - 900V battery; 3 164 kW |
Spoed (oppervlak) | 10,0 knope |
Spoed (onderwater) | 17,0 knope |
Bemanning | 22 persone |
Wapens | 8 x 533 mm torpedobuise 12 x AEG Seeschlenge Tipe 206 torpedo's |
Galery
wysig-
U15 van die Duitse Vloot
-
S175, S172 en S179 in hawe
-
S195 en 197 in Kiel se hawe
-
Toegangsdeur na S195
Bron
wysig- The Illustrated Encyclopedia Of Destroyers Frigates & Submarines, Bernard Ireland en John Parker, 2015, ISBN 978-0-85723-601-2
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 UBoote an Kolumbien übergeben[dooie skakel]
- ↑ Weekblad Schuttevaer van 20 Maart 2010