Toeloeganofka (Narimanof-rajon)
Toeloeganofka (Russies: Тулугановка) is 'n dorpie in Narimanof-rajon van Astrachan-oblast, Rusland. Dit is die setel van die Achmatofski Plaaslike Munisipaliteit wat nog drie kleiner nedersettings, Karaägasj, Ritsjanski en Sennoi, insluit. Dit lê op die regteroewer van die Ritsjarivier 20 kilometer noord van Astrachan se middestad.
Toeloeganofka Тулугановка | |
---|---|
Dorpie | |
'n Kruidenierswinkel op Toeloeganofka | |
Die ligging van Astrachan-oblast in Rusland | |
Koördinate: 46°26′46″N 48°02′14″O / 46.44611°N 48.03722°O | |
Land | Rusland |
Deelgebied | Astrachan-oblast |
Rajon | Narimanof |
Bevolking | |
• Totaal | 482 |
Tydsone | UTC+04:00 (AST, Astrachanse tyd) |
Poskode | 416129 |
Demografie
wysigVolgens Sensus 2010 het Toeloeganofka 431 inwoners gehad. Etniese Kasakke vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.[1]
Etniese groepe | Sensus 2010 | Persentasie |
---|---|---|
Kasakke | 252 | 58,5% |
Russe | 93 | 21,6% |
Tsjetsjniërs | 24 | 5,6% |
Tartare | 23 | 5,3% |
Lesgiërs | 16 | 3,7% |
Dargine | 6 | 1,4% |
Azerbeidjanners | 5 | 1,2% |
Armene | 5 | 1,2% |
Kalmikiërs | 4 | 0,9% |
Oekraïners | 3 | 0,7% |
Totaal | 431 | 100% |
Verwysings
wysig- ↑ Bespyatov, Tim. "Astrakhan Oblast. Ethnic composition (noisy data from census microdata base), all places: 2010 census". Population statistics of Eastern Europe & former USSR (in Russies). Besoek op 13 Augustus 2023.