Toezoeklei
Toezoeklei (Russies: Тузуклей) is 'n dorpie in Astrachan-oblast, Rusland. Dit is die setel van die Nowotoezoeklei Plaaslike Munisipaliteit wat nog drie kleiner nedersettings insluit: Groesjewo, Sizowa Griwa en Trjochizbinka. Soos baie ander nedersettings in Kamiziak-rajon, is dit in die Wolga-rivierdelta geleë. Dit lê op die linkeroewer van Boldusjkarivier en op albei oewers van die Toezoekleirivier 20 kilometer noordoos van die rajon se setel, Kamiziak.
Toezoeklei Тузуклей | |
---|---|
Dorpie | |
Die ligging van Astrachan-oblast in Rusland | |
Koördinate: 46°08′42″N 48°19′40″O / 46.14500°N 48.32778°O | |
Land | Rusland |
Deelgebied | Astrachan-oblast |
Rajon | Kamiziak |
Bevolking | |
• Totaal | 2 388 |
Tydsone | UTC+04:00 (AST, Astrachanse tyd) |
Poskode | 416312 |
Demografie
wysigVolgens Sensus 2010 het Toezoeklei 2 273 inwoners gehad. Etniese Russe vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking en Kasakke is die grootste minderheid.[1]
Verwysings
wysig- ↑ Bespyatov, Tim. "Astrakhan Oblast. Ethnic composition (noisy data from census microdata base), all places: 2010 census". Population statistics of Eastern Europe & former USSR (in Russies). Besoek op 31 Julie 2023.