Toffieappeltolbos
Die toffieappeltolbos (Leucadendron tinctum) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Leucadendron behoort en deel van die fynbos-bioom vorm. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap, waar dit in die Hexrivierberge voorkom tot by die Hottentots-Hollandberge en Langeberg. Die struik word 1,3 m hoog en dra blomme van Julie tot Augustus.
Toffieappeltolbos | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Proteales |
Familie: | Proteaceae |
Genus: | Leucadendron |
Spesie: | L. tinctum
|
Binomiale naam | |
Leucadendron tinctum I.Williams, (1968)
| |
Sinonieme | |
|
Vuur vernietig die plant maar die sade oorleef. Die sade word geberg in 'n tol op die vroulike plant en val na die grond, twee maande nadat die plant geblom het. Die plant is eenslagtig en daar is manlike en vroulike plante. Die bevrugting word deur klein torre gedoen. Die plant groei hoofsaaklik in rotsagtige of sandsteengrond op hoogtes van 300 - 1000 m.
In Engels staan die plant bekend as die Spicy conebush.
Galery
wysigBronnelys
wysigEksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Toffieappeltolbos.