Tonkanese kat
Die Tonkanese kat (Engels: Tonkinese) is ’n kortharige katras wat ’n kruising is tussen ’n Siamese kat en Birmaanse kat.
Tonkanese kat | ||||
Platinum Tonkanese kat met ’n nertspatroon. | ||||
Land | Kanada | |||
Ontstaan | Kruisras | |||
Soort lyf | Slank, gespierd | |||
Pels | Kort | |||
Patroon | Kleurpunte/nerts/effekleurig | |||
Wetenskaplike naam | ||||
Felis catus (huiskat) | ||||
|
Geskiedenis
wysigTonkanese katte is ’n moderne kruising tussen ’n Siamese en Birmaanse kat. Hul naam is ’n verwysing na die eiland in die musiekblyspel South Pacific.
Beskrywing
wysigTonkanese katte is gewoonlik slank, maar gespierd. Hulle het ’n wigvormige kop met groot ore. Hulle het vier kleure en ’n groot verskeidenheid patrone[1] Die belangrikste patrone is effekleurig soos ’n Birmaanse kat, met kleurpunte soos ’n Siamese kat en nertspels. Laasgenoemde is ’n unieke Tonkanese patroon met donkerder punte soos ’n Siamees en die lyfkleur wat harmoniseer met die puntkleur – iets tussen ’n Siamees en Birmaanse kat.[2] Die kontras tussen die kleure is nie so groot soos by ’n Siamees nie. Dit is ’n baie gewilde patroon op katskoue. Die algemeen aanvaarde kleure is platinum, sjampanjekleurig, blou en natuurlik, hoewel Europese verenigings ook rooi, room, karamel, appelkoos en skilpaddop aanvaar.
Wanneer twee katte met ’n nertspatroon met mekaar paar, sal die hele werpsel nie ’n nertspatroon hê nie, want die patroon is gewoonlik die gevolg van een geen vir die Birmaanse kat se effekleurige pels en een geen vir die Siamees se kleurpunte. So ’n werpsel sal gewoonlik een effekleurige katjie, een met kleurpunte en twee met ’n nertspatroon oplewer.
Die katte is gewoonlik intelligent, nuuskierig en liefdevol. Hulle is ook spelerig, maar nie hiperaktief nie. Hul geaardheid is meer soos dié van ’n Birmaanse kat as ’n Siamees; hulle is dus meer ontspanne en minder veeleisend. Hul stemme is ook nie so hard soos laasgenoemde s’n nie. Hulle het baie aandag nodig.
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ "CFA-teelartikel". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Desember 2010. Besoek op 22 Januarie 2012.
- ↑ "Algemene vrae by www.fanciers.com". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Februarie 2009. Besoek op 22 Januarie 2012.
- Susie Page; The Complete Cat Owner's Manual; Fog City Press; ISBN 1-875137-84-X (hardeband, 1997)
- Linda Vousden; Tonkinese Cats; TFH/Kingdom; ISBN 1-85279-087-3 (hardeband, 1998)
Eksterne skakels
wysig- Suider-Afrikaanse standaarde Geargiveer 7 Mei 2013 op Wayback Machine
- Kanadese standaarde Geargiveer 2 Januarie 2013 op Wayback Machine
- Tonkinese Breed Club UK: GCCF-standaarde
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Tonkanese kat.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia