Tony Curtis
Tony Curtis (gebore as Bernard Schwartz; 3 Junie 1925 – 29 September 2010) was ’n Amerikaanse akteur wie se loopbaan oor ses dekades gestrek het. Hy was in die 1950's en vroeë 1960's op sy gewildste. Hy was die pa van die aktrises Kelly Curtis en Jamie Lee Curtis.
Tony Curtis | |
Curtis in 2007.
| |
Geboortenaam | Bernard Schwartz |
---|---|
Geboorte | 3 Junie 1925 |
Sterfte | 29 September 2010 (op 85) |
Nasionaliteit | Amerikaans |
Beroep(e) | Akteur, skilder, skrywer |
Aktiewe jare | 1948–2010 |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Loopbaan
wysigCurtis se rolprentdebuut was in 1949 in Criss Cross (hy het nie op die naamrol erkenning vir sy spel gekry nie). In sy tweede prent, City Across the River (ook in 1949), het hy erkenning as "Anthony Curtis" gekry.[1] Later, as "Tony Curtis", het hy gewild geraak in deurbraakrolle in prente soos Sweet Smell of Success (1957) en The Defiant Ones (1958), waarvoor hy vir ’n Oscar benoem is.
Hy was in beide drama- en komedierolle te sien en het een van die mees gesogte sterre in Hollywood geword. Sy komedies sluit in Some Like It Hot (1959), Sex and the Single Girl (1964) en The Great Race (1965). Onder sy dramas tel Spartacus (1960), saam met Kirk Douglas en Laurence Olivier en waarvoor hy vir ’n Golden Globe benoem is;[2] The Outsider (1961); Taras Bulba (1962), met Yul Brynner in die titelrol en Curtis as sy seun; en The Boston Strangler (1968), waarin hy die rol van die reeksmoordenaar Albert DeSalvo vertolk. Hy was ook deel van die akteurspan van Elia Kazan se 1976-drama The Last Tycoon.
Curtis was dikwels op televisie te sien. Hy het saam met Roger Moore gespeel in die reeks The Persuaders! en was ook te sien in die reekse McCoy en Vega$.
Hy het ook geskilder en het in die laaste jare van sy lewe op sy surrealistiese skilderye gekonsentreer.[3] Hulle kan nou gesien word in ’n kunsgalery in Carmel, Kalifornië.
In Maart 2006 het Curtis die Sony Ericsson Empire-prys vir sy lewenslange bydrae ontvang. Hy het ook ’n ster op die Hollywood Walk of Fame en het in 1995 die Franse Orde van Kuns en Lettere ontvang.
Skrywer
wysigIn Oktober 2008 is Curtis se outobiografie, American Prince: A Memoir, gepubliseer.[4] Hy beskryf daarin ontmoetings met ander Hollywood-sterre soos Frank Sinatra en James Dean, asook sy moeilike kinderlewe en pad na sukses.
Sy volgende boek, The Making of Some Like it Hot: My Memories of Marilyn Monroe and the Classic American Movie, het in 2009 verskyn.[5] Soos die titel aandui, skryf hy daarin hoofsaaklik oor sy herinneringe aan Marilyn Monroe en haar gedrag op die stel van Some Like it Hot.
Verwysings
wysig- ↑ City Across the River by IMDb
- ↑ "Full cast and crew for Spartacus". Internet Movie Database, Besoek op 30 September 2010
- ↑ Private Screenings: Tony Curtis, Turner Classic Movies, 19 Januarie 1999.
- ↑ Curtis, Tony; Golenbock, Peter. American Prince, Harmony Books (2008) ISBN 978-1-905264-34-6.
- ↑ Curtis, Tony; Vieira, Mark A. The Making of Some Like it Hot: My Memories of Marilyn Monroe and the Classic American Movie, John Wiley and Sons (2009) ISBN 978-0-470-53721-3
Eksterne skakels
wysig- Tonycurtis.com Geargiveer 11 Maart 2013 op Wayback Machine
- Remembering Tony Curtis [1] Geargiveer 8 April 2015 op Wayback Machine Bronx News, 2012
- Tony Curtis in die Internet-rolprentdatabasis
- Tony Curtis in die TCM-rolprentdatabasis
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Tony Curtis.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia