Toyota Isis
Die Toyota Isis is 'n groot sewesitplek-MPV wat deur Kanto Auto Works onder kontrak vir die Japannese vervaardiger Toyota gebou word.
Oorsig | |
---|---|
Vervaardiger | Kanto Auto Works[1] |
Produksie | 2004–huidig |
Montering | Japan: Susono, Shizuoka (Higashi Fuji-aanleg)[2] |
Bakwerk en onderstel | |
Klas | MPV |
Uitleg | Voorwieldryf of allewieldryf (Japan) |
Spesifikasies | |
Enjin(s) | 1.8 L 1ZZ-FE I4 2.0 L 1AZ-FSE I4 |
Ratkas | CVT 4-gang outomaties |
Lengte | 4640 mm |
Breedte | 1710 mm |
Hoogte | 1670 mm |
Massa | 1560 kg |
Plek in geskiedenis | |
Voorganger | Toyota Gaia |
Variante | Toyota Wish Toyota Noah Toyota Voxy Toyota Ipsum |
Dit word in Japan en Singapoer verkoop sedert sy bekendstelling in September 2004. Dit beskik oor twee skuifdeure en is met voorwieldryf or vierwieldryf en inlynviersilinder 1,8 en 2,0-liter petrolenjins beskikbaar.
In Japan ding dit mee met die Honda Stream en die Nissan Lafesta.
Verwysings
wysig- ↑ "Kanto Auto Works, Ltd". Kanto-aw.co.jp. Besoek op 16 Julie 2010.
- ↑ "Affiliates (Toyota wholly owned subsidiaries)-Toyota Motor East Japan, Inc" (in Engels). Toyota. 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Oktober 2019. Besoek op 15 Julie 2014.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |