Transvaal Scottish
Die Transvaal Scottish is 'n reserwemagregiment in die Suid-Afrikaanse Infanteriekorps van die Suid-Afrikaanse Leër, met hoofkwartier in Johannesburg. Dit bestaan sedert 1902 en het 'n geskiedenis wat aktiewe deelname aan die Eerste Wêreldoorlog, die Witwatersrand-opstand, die Tweede Wêreldoorlog, die Grensoorlog, en die Noodtoestand insluit. Die regiment het verskeie gevegsonderskeidings verwerf, en oor die jare is baie lede met dekorasies vereer. Sy leuse is Alba nam buadh. Hy dra die Murray-tartan.
Transvaal Scottish | |
---|---|
Gestig | 1902 |
Land | Suid-Afrika |
Weermagdeel | Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag |
Onderdeel van | Suid-Afrikaanse Infanteriekorps |
Tipe | Lyninfanterie |
Spesialisasie | Gemotoriseerde infanterie |
Hoofkwartier | Johannesburg |
Aantal lede | een bataljon |
Mars | The Atholl Highlanders |