Treilvissery, of sleepnetvissery is 'n metode van visvang waar 'n visnet deur die water agter een of meer bote gesleep word.Die net wat vir treilvissery gebruik word, word 'n treil of sleepnet genoem. Hierdie beginsel vereis netsakke wat deur water gesleep word om verskillende spesies visse of soms geteikende spesies te vang.

Treilvissery

Die bote wat vir treilvissery gebruik word, word treilers of sleepers genoem. Treilers verskil in grootte van klein oop bote met so min as 30 hp (22 kW) enjins tot groot fabriektreilers met meer as 10,000 hp (7.5 MW). Treilvissery kan uitgevoer word deur een treiler of deur twee treilers wat saam visvang.

Treilvissery word ook algemeen gebruik as 'n wetenskaplike monsterneming, of opname, metode.[1]

Omgewingseffekte

wysig

Alhoewel treilvissery vandag sterk gereguleer word in sommige lande, bly dit die teiken van baie betogings deur omgewingsbewustes. Omgewingskwessies wat met treilvissery verband hou, verwys na twee gebiede: die gebrek aan selektiwiteit en die fisiese skade wat die treil aan die seebodem aanrig.[2]

Verwysings

wysig
  1. "Not found". Mass.gov. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 April 2018.
  2. Urbina, Ian (28 Julie 2015). "A Renegade Trawler, Hunted for 10,000 Miles by Vigilantes". The New York Times.

Bronne

wysig

Eksterne skakels

wysig