Tsjaka Monument

'n gedenkteken wat die rusplek van Zoeloekoning Tsjaka aandui

Die Tsjaka-monument in kwaDukuza (Stanger) is opgerig oor die graf van koning Tsjaka.

Die Tsjaka Monument

Ligging

wysig

Die grafmonument is aan die suidekant van Cooperstraat (tussen Cato- en Lindleystraat), regoor die Dukuza Museum en by 29° 20′ 24.477″ suid en 31° 17′ 40.19″ oos.

Geskiedenis

wysig

Tsjaka is in September 1828 deur sy twee halfbroers in sy beeskraal vermoor. Na sy dood is sy liggaam in ‘n beesvel gewikkel en in ‘n koringput gegooi. Die graf van Tsjaka is vir die Zoeloe-volk heilige grond. Daar mag geen vee wei nie, geen hout gekap word nie en dit is selfs vir ‘n tyd opgepas. Rondom die graf het die dorp Stanger ontstaan. ‘n 4000 m² om die graf is onbebou gelaat. Op inisiatief van koning Solomon kaDinuzulu is die gedenksteen opgerig met geld wat sy volgelinge bygedra het. Die monument is in Newcastle vervaardig, in 1932 onthul en op 29 Junie 1938 tot gedenkwaardigheid verklaar.

Bibliografie

wysig
  • battlefieldsroute.co.za/place/king-shakas-grave/
  • eshowe.com/king-shakas-memorial/
  • sahistory.og.za/place/heritage-route-king-shaka