Maak hoofkeuseskerm oop

Die Turkse tale is ’n taalfamilie van minstens 35[1] tale wat deur Turkse volke van Suidoos-Europa en die Middellandse See-gebied tot Siberië en Wes-China gepraat word, en daar is voorgestel dat dit saam met Mongoolse, Toengoesiese en Japannese tale, Koreaans asook Ainoe deel van die omstrede Altaïese taalfamilie uitmaak.[2][3] Dié taalfamilie bestaan uit ses groepe, naamlik die Suidwestelike (Ogoesies), Suidoostelike (Karloek/Oeigoer), Khalaj, Noordwestelike (Kiptsjak), Tsjoewasjies (Oghoer) en Noordoostelike (Siberiese Turkse tale). Soms word die Turkse tale ook in twee takke verdeel: Bolgar en Algemene Turkse tale.[4]

Turkse tale
Geografiese
verspreiding:
Van Suidoos-Europa tot Wes-China en Siberië
Genetiese
klassifikasie
:
Altaïes (omstrede)
 Turkse tale
Onderafdelings:
Ogoeries
Suidwestelik (Ogoesies)
Noordwestelik (Kiptsjak)
Suidoostelik (Karloek/Oeigoer)
Noordoostelik (Siberiese Turkse tale)
Khalaj
Lenguas túrquicas.png

Verspreiding van Turkse tale:

   Suidwestelik (Ogoesies)

   Suidoostelik (Karloek/Oeigoer)

   Khalaj

   Noordwestelik (Kiptsjak)

   Tsjoewasjies (Oghoer)

   Noordoostelik (Siberies)

Lande en outonome deelgebiede waar Turkse tale amptelike status geniet of deur die meerderheid gepraat word:

   Lande met 'n amptelike Turkse taal

   Outonome gebiede met 'n amptelike Turkse taal

   Provinsies waar 'n Turkiese taal deur 'n meerderheid gepraat word

   Lande waar 'n Turkse taal deur 'n minderheidsbevolking van minstens 50 000 mense gepraat word

Inhoud

Sprekers en eienskappeWysig

 
Diagram van Turkse tale volgens moedertaalsprekers
 
Stamboom van Turkse tale

Turkse tale word deur sowat 170 miljoen mense as moedertaal gepraat, en daar is altesaam meer as 200 miljoen sprekers.[5][6][7] Die Turkse taal met die meeste sprekers is Turks, wat hoofsaaklik in Anatolië en die Balkan gepraat word. Die moedertaalsprekers van dié streke maak 40% van alle sprekers van Turkse tale uit.[3]

Kenmerkende eienskappe van die Turkse tale soos klinkerharmonie, saamklewing en die gebrek aan taalkundige geslag, word in al die tale aangetref.[3] Sprekers van die verskillende Ogoesiese tale kan mekaar ook redelik goed verstaan; dit sluit in Turks, Azerbeidjans, Turkmeens en Krim-Tataars.[8]

VerwysingsWysig

  1. Dybo A.V., "Chronology of Türkic languages and linguistic contacts of early Türks", Moskou, 2007, bl. 766, [1] (In Russies)
  2. Gordon, Raymond G., Jr. (red.) (2005). "Ethnologue: Languages of the World, Fifteenth edition. Language Family Trees – Altaic". Besoek op 13 Maart 2007. 
  3. 3,0 3,1 3,2 Katzner, Kenneth (Maart 2002). Languages of the World, Third Edition. Routledge, an imprint of Taylor & Francis Books Ltd. ISBN 978-0-415-25004-7. 
  4. (en) Hammarström, Harald; Forkel, Robert; Haspelmath, Martin (2017). "Turkic". Glottolog 3.0. Jena, Duitsland: Max Planck Institute for the Science of Human History. Besoek op 25 November 2018. 
  5. Brigitte Moser, Michael Wilhelm Weithmann, Landeskunde Türkei: Geschichte, Gesellschaft und Kultur, Buske Publishing, 2008, bl. 173
  6. Deutsches Orient-Institut, Orient, Vol. 41, Alfred Röper Publushing, 2000, bl. 611
  7. http://www.zaman.com.tr/iskander-pala/turkceyi-kac-kisi-konusuyor_480993.html
  8. "Language Materials Project: Turkish". UCLA International Institute, Center for World Languages. Februarie 2007. Besoek op 26 April 2007. 

Verdere leesstofWysig

  • (en) Boeschoten, Hendrik & Lars Johanson. 2006. Turkic languages in contact. Turcologica, Bd. 61. Wiesbaden: Harrassowitz. ISBN 3-447-05212-0
  • (en) Johanson, Lars & Éva Agnes Csató (ed.). 1998. The Turkic languages. London: Routledge. ISBN 0-415-08200-5.

Eksterne skakelsWysig