USS Triton (SSRN-586)
Vernoem na | Triton |
---|---|
Land | Verenigde State |
Geleë in administratiewe eenheid | Washington |
Geografiese ligging | 47°33′16″N 122°38′27″W |
Operateur | Amerikaanse Vloot |
Vervaardiger | General Dynamics Electric Boat |
Die USS Triton (SSRN-586) was 'n kernaangedrewe duikboot van die Amerikaanse Vloot en die enigste in sy klas. Die duikboot het bekend geword toe dit onderwater reg rondom die aarde gevaar het in 60 dae en 21 ure. Die duikboot is op 19 Augustus 1958 te water gelaat en in diens gestel op 10 November 1959.
Wêreldvaart
wysigTriton het begin met sy proefvaart (shakedown) onderwatertoer op 15 Februarie 1960, rigting suid Atlantiese Oseaan. Die duikboot arriveer by die Sint Petrus en Sint Paulus-argipel op 24 Februarie. Hier begin die onderwatertoer amptelik. Hiervandaan vaar die duikboot suidwaarts, om Kaap Hoorn en gaan weswaarts deur die Stille Oseaan. Die duikboot gaan verby die Filippyne, deur die Indonesiese argipels en kruis die Indiese Oseaan. Hulle vaar rondom die Kaap van Goeie Hoop en arriveer by die Sint Petrus en Sint Paulus-argipel op 10 April 1960, na 60 dae en 21 uur. Gedurende die tog het die duikboot die ewenaar vier keer gekruis. Die tog word onderwater voltooi tot by Groton, Connecticut wat op 10 Mei bereik word. Die roete was feitlik dieselfde wat Ferdinand Magellaan gevolg het.
Tegniese besonderhede
wysigItem | Statistiek |
---|---|
Verplasing (oppervlak) | 5 686 metrieke ton |
Verplasing (onderwater) | 7 650 metrieke ton |
Lengte | 136,0 m |
Breedte | 11,27 m |
Aandrywing (oppervlak en onderwater) | 2 x General Electric S4G kernreaktors |
Spoed (oppervlak) | 30,0 knope |
Spoed (onderwater) | 27,0 knope |
Bemanning | 159 |
Wapens | 6 × 21 duim (533 mm) torpedobuise |