Up (rolprent)
Up is 'n rekenaargeanimeerde familie/buddy-rolprent van 2009 wat deur Pete Docter geregisseer is. Die stemme van Ed Asner, Jordan Nagai, Christopher Plummer kom onder andere daarin voor. Die rolprent is deur Jonas Rivera vervaardig en versprei deur Walt Disney Studios Motion Pictures. Dit handel oor 'n bejaarde wewenaar met die naam Carl Fredricksen (Ed Asner) en 'n ernstige seun met die naam Russell (Jordan Nagai); deur duisende ballonne aan sy huis vas te maak, wil Carl sy droom verwesenlik om Suid-Amerika se wildernis te sien en 'n belofte aan sy oorlede vrou, Ellie, te vervul. Die draaiboek is deur Bob Peterson en Pete Docter geskryf en die musiek is gekomponeer deur Michael Giacchino, wat ook musiek vir die rolprente The Incredibles en Ratatouille gekomponeer het.
Up | |
---|---|
Regisseur | Pete Docter |
Produksieleier | Jonas Rivera |
Draaiboek | Bob Peterson Pete Docter |
Met | Ed Asner Christopher Plummer Jordan Nagai |
Musiek deur | Michael Giacchino |
Kinematografie | Patrick Lin Jean-Claudie Kalache |
Redigeerder | Kevin Nolting |
Ateljee | Walt Disney Pictures Pixar Animation Studios |
Verspreider | Walt Disney Studios Motion Pictures |
Speeltyd | 96 min[1] |
Land | VSA |
Taal | Engels |
Begroting | VS$175 miljoen[2] |
Bruto wins | VS$735.1 miljoen[1] |
Rolverdeling
wysig- Ed Asner as Carl Fredricksen
- Jordan Nagai as Russell
- Christopher Plummer as Charles F. Muntz
- Bob Peterson as Dug
- Pete Docter as Kevin
- Elizabeth Docter as Ellie
- Delroy Lindo as Beta[3]
- Jerome Ranft as Gamma[3]
- John Ratzenberger as Tom
- David Kaye as die nuusomroeper[3]
- Danny Mann as Steve
- Mickie McGowan as Edith
- Don Fullilove en Jess Harnell as George en A.J.
Vrystelling
wysigDie rolprent is vrygestel in teaters by die Cannes-rolprentfees op 13 Mei 2009[4] en in Blu-ray en DVD op 10 November 2009.[5] Dit is op 29 Mei 2009 in teaters in die Verenigde State vrygestel.
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 "Up (2009)". Box Office Mojo. IMDb. Besoek op 19 Februarie 2021.
- ↑ Barnes, Brooks (5 April 2009). "Pixar's Art Leaves Profit Watchers Edgy". The New York Times. Besoek op 6 April 2009.
- ↑ 3,0 3,1 3,2 "Production notes". Official site. Besoek op 13 Mei 2009.
- ↑ Graham, Mark (23 April 2009). "2009 Cannes Film Festival Lineup Is Heavy on Auteurs". Vulture. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 September 2021. Besoek op 24 September 2021.
- ↑ McLean, Thomas J. (10 Augustus 2009). "Up Comes Home; Monsters, Inc. Gets Blu-ray Upgrade". Animation Magazine. Besoek op 3 September 2011.
Eksterne skakels
wysig- Up op IMDb
- Up (rolprent) in die TCM-rolprentdatabasis
- Up (rolprent) by AllMovie
- Up (rolprent) by Metacritic
- Up (rolprent) by Rotten Tomatoes