VIRjou
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
VIRjou is ʼn Suid-Afrikaanse gemagtigde finansiële dienstegroep, met sy hoofkwartier in Centurion, Gauteng. Die fokus van die instansie is om kliënte se verwagte diensleweringsvlak te lewer en om ʼn opbrengs op langtermyn-finansiële doelwitte te lewer. Vereistes vir kliënte om deel te wees van hierdie finansiële dienstegroep is om 25 jaar en ouer te wees en om ʼn affiniteit vir Afrikaans te hê.
VIRjou | |
Tipe | Finansiële diensteverskaffer |
---|---|
Gestig | |
Hoofkantoor | Centurion, Suid-Afrika |
Gebied bedien | Afrika |
Industrie | Beleggings |
Dienste | Finansies |
Die doel vir die stigting van hierdie instansie was om ʼn kollektiewe, gemeenskapskultuur te vestig en om waarde toe te voeg tot die Afrikaanse kultuur.
Die volgende dienste word deur die instansie gelewer:
- Beleggingsadvies
- Lewensversekering
- Kredietlewensversekering
- Mediese dekking
- Regsversekering
- Groepskemas