Van Dis in Zuid-Afrika
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Van Dis in Zuid-Afrika is 'n dokumentêre-reeks wat in 2008 deur die Nederlandse publieke uitsaaier VPRO vervaardig is. Die reeks bestaan uit sewe episodes en handel oor Suid-Afrika na die afskaffing van Apartheid. Dit word aangebied deur Adriaan van Dis (Van Dis), 'n Nederlandse skrywer wat reeds voor apartheid baie deur Suid-Afrika gereis het. Die reeks is met baie pryse in Nederland bekroon.
Van Dis in Zuid-Afrika | |
Genre | Dokumentasie |
---|---|
Geskep deur | Adriaan van Dis |
Geregisseer deur | Hans Pool |
Stemme van | Adriaan van Dis |
Oorsprong | Nederland |
Taal | Nederlands |
Aantal seisoene | 1 |
Aantal episodes | 7 |
Produksie | |
Produksiemaatskappy | Kanakna Produkties BV |
Verspreider | Nederland 2 |
Uitsending | |
Oorspronklike kanaal | VPRO |
Oorspronklike lopie | 6 Januarie 2008 |
Webskakels | |
Amptelike webwerf |
Episodes
wysig- "WEERZIEN MET ZUID AFRIKA, Kaapstad en De Oostkaap". -- Van Dis kom vir die eerste keer in dertig jaar weer in Suid-Afrika; en ondersoek wat hy nog herken en of die Suid-Afrika van sy herinneringe nog bestaan.
- "ONTWORTELING EN TRADITIE Durban, KwaZulu-Natal" -- Van Dis ondersoek of tradisie en identiteit in die moderne wêreld behou kan word.
- "NIEUWE VERHOUDINGEN, Johannesburg en Soweto" -- Van Dis oor die probleme in Johannesburg en die verskil tussen arm en ryk.
- "VLUCHTELINGEN UIT ZIMBABWE, De Zimbabweaanse crisis" -- Van Dis oor die probleme in Zimbabwe.
- "VERLIEZERS VAN HET NIEUWE ZUID-AFRIKA, Boeren en Bushmen" -- Van Dis gaan besoek die verloorders van die nuwe Suid-Afrika: die Boere en die Boesman.
- "VERGETEN EN VOORWAARTS, Hoe Namibië het verleden begraaft" Van -- Handel oor die verlede van Namibië en Suid-Afrika se invloed op die land.
- "NA HET VECHTEN DE VRIJHEID, Mozambique na de burgeroorlog" -- Van Dis oor Mosambiek na die burgeroorlog.
Taal
wysigDie stem oor is Nederlands, die gesprekke is dikwels in Afrikaans, Engels of 'n swart-taal met Nederlands onderskrifte.