Vargo
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Vargo is 'n elektroniese popmusiek-duo uit Hamburg, Duitsland wat internasionale bekendheid met hul samestellings-albums in die Café del Mar- en Buddha Bar-reekse verwerf het. In hul musiekstyl, wat as vocal ambient-, chill out- en lounge-musiek beskryf word, meng Vargo dikwels elektroniese popklanke met wêreldmusiek.
Vargo | |
---|---|
Agtergrondinligting | |
Oorsprong | Hamburg, Duitsland |
Genres | Elektroniese popmusiek, vocal ambient, chill out, lounge |
Jare aktief | 2000 — hede |
Etikette | Ambient Domain |
Assosiasies | Lovers Lane |
Webwerf | ambient-domain.com |
Lede | Ansgar Üffink Stephanie Hundertmark |
'n Omringklank-meng van Vargo se treffer Get Back to Serenity is deur die Duitse Fraunhofer-instituut as verwysingsmusiektitel vir hul nuwe MP3-omringklankformaat gebruik. Vargo se musiek is daarnaas verskeie kere as klankbaan in internasionale televisie-advertensies gebruik, onder meer deur ondernemings soos Fujitsu Siemens en MAN. Hierdie advertensies is op verskeie feeste vertoon, soos die ITVA Festival in Keulen, die CIBE in Washington, DC en die WorldFest in Houston waar hulle met 'n aantal pryse bekroon is.
Diskografie
wysigLangspelers
wysig- Beauty (2004)
- The Mixed Up – EP: Get Back to Serenity (2006)
- Lover's Lane Island Memories - EP (2006)
- Precious (2010)
- Le voyage abstrait presents Vargo - EP (2010)
- Warriors (feat. Dan Millman) - EP (2010)
- Warriors in the Mix - EP (2010)
- Lauschkost //1 EP - Feinkost für die Sinne (2011)
- Vargo Lounge - 10 Years of Chill Out (2011)
- Lauschkost //2 - Feinkost für die Sinne (2012)
- Lauschkost //3 - Feinkost für die Sinne (2013)
- Vargo Lounge - Summer Celebration Vol. 1 (2013)
- Lauschkost //4 - Feinkost für die Sinne (2014)
- Goodbye Is a New Beginning (2014)
- Vargo Lounge - Summer Celebration 3 (2015)
Bydraes vir samestellings-albums
wysig- Vargo se liedjies het daarnaas op meer as 150 samestellings-albums verskyn - in reekse soos Café del Mar, Buddha Bar, Space Night, Bar Lounge Classics, Klassik Lounge.
Eksterne skakels
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Vargo. |
Media