Venus (mitologie)
Venus is die Romeinse godin van onder meer die liefde, skoonheid, begeerte, seks, vrugbaarheid, vooruitgang en oorwinning. Sy was die moeder van die Romeinse volk deur haar seun, Aeneas, wat die val van Troje oorleef en na Italië gevlug het. Julius Caesar het beweer hy stam van haar af.
Venus | |
---|---|
Romeinse godin | |
Naam | Venus |
Godin van | Liefde, skoonheid, begeerte, seks, vrugbaarheid, oorwinning |
Vader | Caelus |
Seun | Aeneas |
Griekse eweknie | Afrodite |
Die Romeine het die mites en ikonografie van haar Griekse eweknie, Afrodite, oorgeneem vir die Romeinse kuns en letterkunde. In die latere klassieke tradisie van die Weste het Venus een van die bekendste godinne uit die Grieks-Romeinse mitologie geword as die verpersoonliking van die liefde en seksualiteit.